-
Jehovah haat ongeregtigheidDie Wagtoring — 2012 | Augustus 1
-
-
‘DIE mens het oor die mens geheers tot sy nadeel’ (Prediker 8:9). Hierdie woorde, wat sowat 3 000 jaar gelede opgeteken is, gee ’n akkurate beskrywing van die wêreld waarin ons lewe. Mense is geneig om mag te misbruik, ongeag wie hulle is of waar hulle woon. Alte dikwels buit hulle die kwesbares en die minderbevoorregtes uit. Hoe voel Jehovah oor sulke ongeregtighede? Ons vind die antwoord in Esegiël 22:6, 7, 31.—Lees.
-
-
Jehovah haat ongeregtigheidDie Wagtoring — 2012 | Augustus 1
-
-
Hierna kla Esegiël klaarblyklik nie net die leiers aan nie, maar ook diegene wat hulle voorbeeld gevolg het en ongehoorsaam aan Jehovah se Wet was. “Vader en moeder het hulle . . . met veragting behandel”, sê Esegiël (vers 7). Deur die regmatige posisie van ouers te minag, het die volk die grondslag van die nasie—die gesin—ondermyn.—Eksodus 20:12.
Die korrupte volk het die kwesbares onder hulle uitgebuit. Elke onwettige daad het minagting getoon vir die liefdevolle gees agter God se Wet aan Israel. God se Wet het die Israeliete byvoorbeeld beveel om spesiale bedagsaamheid te betoon teenoor die nie-Israeliete wat onder hulle gewoon het (Eksodus 22:21; 23:9; Levitikus 19:33, 34). Maar die volk het “met kullery opgetree” teenoor die inwonende vreemdeling.—Vers 7.
Die volk het ook die weerloses—die “vaderlose seun en weduwee”—mishandel (vers 7). Jehovah is baie besorg oor die behoeftes van diegene wat ’n ouer of ’n huweliksmaat aan die dood afstaan. God het belowe dat hy self oordeel sal voltrek aan diegene wat ’n weerlose kind of weduwee verdruk.—Eksodus 22:22-24.
-