-
Ware aanbidding verenig menseDie Wagtoring – 2001 | September 15
-
-
Wêreldwye eenheid in ons tyd!
’n Merkwaardige profesie in die Bybelboek Sefanja praat van mense van uiteenlopende agtergronde wat byeenkom. Dit sê: “Dan sal ek [Jehovah God] volke tot ’n suiwer taal laat oorgaan, sodat hulle almal die naam van Jehovah sal aanroep, om hom skouer aan skouer te dien” (Sefanja 3:9, NW). Wat ’n pragtige gesig is dit tog van mense wat verander het en God in eenheid dien!
-
-
Ware aanbidding verenig menseDie Wagtoring – 2001 | September 15
-
-
Jehovah gee aan sy volk ’n suiwer taal om hulle te verenig. Hierdie nuwe taal sluit ’n juiste begrip van Bybelwaarhede oor God en sy voornemens in. Om die suiwer taal te praat, behels dat ons die waarheid glo, dit aan ander leer en in ooreenstemming met God se wette en beginsels lewe. Dit vereis dat ons verdelende politiek verwerp en ons hart reinig van selfsugtige gesindhede, soos rassisme en verdelende nasionalisme wat so kenmerkend van hierdie wêreld is (Johannes 17:14; Handelinge 10:34, 35). Alle opregtes van hart wat die waarheid liefhet, kan hierdie taal aanleer. Kyk hoe die vyf mense wat in die vorige artikel gemeld is—wat vantevore op godsdiensgebied so verdeeld was—nou in die aanbidding van die enigste ware God, Jehovah, verenig is.
-