-
Bly in Jehovah se vallei van beskermingDie Wagtoring — 2013 | Februarie 15
-
-
8. (a) Wat kan deur berge in die Bybel afgebeeld word? (b) Wat beeld “die berg van die olyfbome” af?
8 Jerusalem—“die stad”—is simbolies van hemelse Jerusalem, en daarom moet “die berg van die olyfbome . . . , wat voor Jerusalem lê”, ook as simbolies beskou word. Wat beeld hierdie berg af? Hoe sal dit “middeldeur skeur” en twee berge word? Waarom verwys Jehovah daarna as “my berge”? (Lees Sagaria 14:3-5.) In die Bybel kan berge koninkryke, of regerings, afbeeld. En seëninge en beskerming word met God se berg geassosieer (Ps. 72:3; Jes. 25:6, 7). Die berg van die olyfbome waarop God aan die oostekant van aardse Jerusalem staan, beeld dus Jehovah se universele soewereiniteit, sy opperheerskappy, af.
-
-
Bly in Jehovah se vallei van beskermingDie Wagtoring — 2013 | Februarie 15
-
-
DIE VLUG NA DIE VALLEI BEGIN!
11, 12. (a) Wanneer het die vlug na die simboliese vallei begin? (b) Wat bewys dat Jehovah se sterk arm met sy volk is?
11 Jesus het sy volgelinge gewaarsku: “Julle sal weens my naam vir al die nasies voorwerpe van haat wees” (Matt. 24:9). Gedurende die laaste dae van hierdie stelsel van dinge, sedert 1914, het hierdie haat besonder intens geword. Ten spyte van die wrede aanval wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog op die gesalfde oorblyfsel deur hulle vyande geloods is, is die lede van hierdie getroue groep nie uitgeroei nie. In 1919 is hulle bevry uit die kloue van Babilon die Grote—die wêreldryk van valse godsdiens (Op. 11:11, 12).a Dit is toe dat die vlug na die vallei van Jehovah se berge begin het.
12 Vanaf 1919 beskerm die vallei van goddelike beskerming ware aanbidders regoor die aarde. Deur die dekades heen is daar in baie dele van die wêreld beperkings op die veldbediening en die Bybellektuur van Jehovah se Getuies geplaas en is dit verbied. Hierdie beperkings bestaan nog steeds in sekere lande. Maar hoe hard die nasies ook al probeer, hulle sal nooit daarin slaag om ware aanbidding uit te wis nie! Jehovah se kragtige arm sal met sy volk wees.—Deut. 11:2.
13. Hoe bly ons in Jehovah se beskermende vallei, en waarom is dit nou belangriker as ooit tevore om dit te doen?
13 As ons Jehovah aankleef en in die waarheid vasstaan, sal hy en sy Seun, Jesus Christus, hulle deel doen, en God sal nie toelaat dat enigiemand of enigiets ‘ons uit Sy hand ruk nie’ (Joh. 10:28, 29). Jehovah is gereed om enige hulp te verleen wat nodig is sodat ons hom as die Universele Soewerein kan gehoorsaam en lojale onderdane van die Messiaanse Koninkryk kan bly. Dit is noodsaaklik dat ons in die vallei van beskerming bly, want hierdie vallei sal gedurende die vinnig naderende groot verdrukking selfs groter betekenis vir ware aanbidders aanneem.
-