-
Hoe moet ons ander behandel?Die Wagtoring — 2008 | Mei 15
-
-
12. (a) Wat het Jesus oor geestelike lig gesê? (b) Hoe kan ons ons lig laat skyn?
12 Ons behandel mense op die beste manier moontlik wanneer ons hulle help om geestelike lig van God te ontvang (Ps. 43:3). Jesus het vir sy dissipels gesê dat hulle “die lig van die wêreld” is en het hulle aangespoor om hulle lig te laat skyn sodat mense hulle “goeie werke”, of goeie dade teenoor ander, kan sien. Dit sal lei tot geestelike verligting “voor die mense”, of tot voordeel van die mensdom. (Lees Matteus 5:14-16.) Vandag laat ons ons lig skyn deur goed te doen aan ons naaste en deur deel te neem aan die werk om die goeie nuus te verkondig “in die hele wêreld”, dit wil sê “in al die nasies” (Matt. 26:13; Mark. 13:10). Wat ’n voorreg geniet ons tog!
-
-
Hoe moet ons ander behandel?Die Wagtoring — 2008 | Mei 15
-
-
14. (a) Hoe sal jy eerste-eeuse lampe beskryf? (b) In watter sin steek ons geestelike lig nie onder ’n “maatemmer” weg nie?
14 Jesus het gesê dat ’n lamp wat opgesteek word, nie onder ’n emmer gesit word nie, maar op ’n lampstaander, sodat dit op almal in die huis sou skyn. ’n Algemene eerste-eeuse lamp was ’n erdehouer met ’n pit wat vloeistof (gewoonlik olyfolie) deur kapillêre werking opgetrek het om ’n vlam te voed. ’n Lamp is dikwels op ’n hout- of metaalstaander gesit, sodat dit ‘op almal in die huis sou skyn’. Mense het nie ’n lamp opgesteek en dit onder ’n “maatemmer”—’n groot houer met ’n inhoudsmaat van omtrent nege liter—gesit nie. Jesus wou nie hê dat sy dissipels hulle geestelike lig onder ’n figuurlike maatemmer moet wegsteek nie. Ons moet dus ons lig laat skyn en nooit toelaat dat teenstand of vervolging veroorsaak dat ons skriftuurlike waarheid wegsteek of vir onsself hou nie.
-