-
Hoe moet ons ander behandel?Die Wagtoring — 2008 | Mei 15
-
-
12. (a) Wat het Jesus oor geestelike lig gesê? (b) Hoe kan ons ons lig laat skyn?
12 Ons behandel mense op die beste manier moontlik wanneer ons hulle help om geestelike lig van God te ontvang (Ps. 43:3). Jesus het vir sy dissipels gesê dat hulle “die lig van die wêreld” is en het hulle aangespoor om hulle lig te laat skyn sodat mense hulle “goeie werke”, of goeie dade teenoor ander, kan sien. Dit sal lei tot geestelike verligting “voor die mense”, of tot voordeel van die mensdom. (Lees Matteus 5:14-16.) Vandag laat ons ons lig skyn deur goed te doen aan ons naaste en deur deel te neem aan die werk om die goeie nuus te verkondig “in die hele wêreld”, dit wil sê “in al die nasies” (Matt. 26:13; Mark. 13:10). Wat ’n voorreg geniet ons tog!
-
-
Hoe moet ons ander behandel?Die Wagtoring — 2008 | Mei 15
-
-
15. Watter uitwerking het ons “goeie werke” op party mense?
15 Nadat Jesus melding gemaak het van ’n lamp wat skyn, het hy vir sy dissipels gesê: “Laat julle lig net so voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en heerlikheid kan gee aan julle Vader wat in die hemele is.” Weens ons “goeie werke” gee party “heerlikheid” aan God deur sy knegte te word. Wat ’n aansporing is dit tog vir ons om aan te hou om “as ligte in die wêreld [te] skyn”!—Fil. 2:15.
16. Wat vereis dit van ons om “die lig van die wêreld” te wees?
16 Om “die lig van die wêreld” te wees, vereis dat ons aan die Koninkrykspredikings- en dissipelmaakwerk deelneem. Maar daar word nog iets van ons vereis. “Gaan voort om as kinders van die lig te wandel”, het die apostel Paulus geskryf, “want die vrug van die lig bestaan uit elke soort goedheid en regverdigheid en waarheid” (Ef. 5:8, 9). Ons moet ligtende voorbeelde van godvrugtige gedrag wees. Ja, ons moet ag slaan op die apostel Petrus se raad: “Handhaaf goeie gedrag onder die nasies, sodat hulle, in die aangeleentheid waarin hulle teen julle praat as kwaaddoeners, as gevolg van julle goeie werke waarvan hulle ooggetuies is, God in die dag van sy inspeksie sal verheerlik” (1 Pet. 2:12). Maar wat moet gedoen word as daar gespanne verhoudinge tussen medegelowiges ontstaan?
-