-
‘Die regverdiges sal so helder soos die son skyn’Die Wagtoring — 2010 | Maart 15
-
-
2. Wat stel die goeie saad in Jesus se illustrasie van die koring en die onkruid voor?
2 Maar een van Jesus se illustrasies vestig die aandag op die insameling van dié wat saam met Jesus in sy Koninkryk sal regeer. Dit word dikwels die gelykenis van die koring en die onkruid genoem en is opgeteken in Matteus hoofstuk 13. Terwyl Jesus in ’n ander illustrasie sê dat die saad wat gesaai word “die woord van die koninkryk” is, sê hy vir ons in hierdie illustrasie dat die goeie saad iets anders voorstel—“die kinders van die koninkryk” (Matt. 13:19, 38). Hulle is nie onderdane van die Koninkryk nie, maar eerder “kinders”, of erfgename, van die Koninkryk.—Rom. 8:14-17; lees Galasiërs 4:6, 7.
-
-
‘Die regverdiges sal so helder soos die son skyn’Die Wagtoring — 2010 | Maart 15
-
-
4. (a) Wie is die man in die illustrasie? (b) Wanneer en hoe het Jesus hierdie saad begin saai?
4 Wie is die man wat die goeie saad in sy saailand gesaai het? Jesus het later die antwoord gegee toe hy aan sy dissipels verduidelik het: “Die saaier van die goeie saad is die Seun van die mens” (Matt. 13:37). Jesus, die “Seun van die mens”, het die saailand gedurende die drie en ’n half jaar van sy aardse bediening voorberei om besaai te word (Matt. 8:20; 25:31; 26:64). Toe het hy, vanaf Pinkster 33 HJ, die goeie saad—“die kinders van die koninkryk”—begin saai. Hierdie saaiwerk het klaarblyklik begin toe Jesus, as Jehovah se verteenwoordiger, die heilige gees op die dissipels begin uitstort het en hulle sodoende as God se kinders gesalf het (Hand. 2:33).b Die goeie saad het uiteindelik ryp koring geword. Die goeie saad is dus gesaai met die doel om uiteindelik die volle getal in te samel van dié wat saam met Jesus mede-erfgename en heersers in sy Koninkryk sou word.
-
-
‘Die regverdiges sal so helder soos die son skyn’Die Wagtoring — 2010 | Maart 15
-
-
5. Wie is die vyand in die illustrasie, en wie word deur die onkruid afgebeeld?
5 Wie is die vyand, en wie is die onkruid? Jesus sê vir ons dat die vyand “die Duiwel” is. Die onkruid word beskryf as “die kinders van die bose” (Matt. 13:25, 38, 39). Die onkruid waarna Jesus verwys het, was waarskynlik die letterlike baarddrabok. Hierdie giftige plant lyk baie soos koring in sy vroeë stadiums voordat dit ryp word. Wat ’n gepaste beeld is dit tog van naamchristene, dié wat beweer dat hulle kinders van die Koninkryk is, maar nie die ware vrugte voortbring nie! Hierdie huigelagtige Christene wat beweer dat hulle volgelinge van Christus is, is in werklikheid deel van Satan die Duiwel se “saad”.—Gen. 3:15.
-
-
‘Die regverdiges sal so helder soos die son skyn’Die Wagtoring — 2010 | Maart 15
-
-
7. Het party van die koring in onkruid verander? Verduidelik.
7 Jesus het nie gesê dat die koring onkruid sou word nie, maar dat onkruid tussen die koring gesaai is. Hierdie illustrasie beeld dus nie ware Christene uit wat van die waarheid afdwaal nie. Dit verwys eerder na ’n doelbewuste poging van Satan om die Christengemeente te verderf deur goddelose mense daarin te bring. Teen die tyd dat die laaste apostel, Johannes, bejaard was, kon hierdie afvalligheid duidelik gesien word.—2 Pet. 2:1-3; 1 Joh. 2:18.
-