-
‘Die regverdiges sal so helder soos die son skyn’Die Wagtoring — 2010 | Maart 15
-
-
5. Wie is die vyand in die illustrasie, en wie word deur die onkruid afgebeeld?
5 Wie is die vyand, en wie is die onkruid? Jesus sê vir ons dat die vyand “die Duiwel” is. Die onkruid word beskryf as “die kinders van die bose” (Matt. 13:25, 38, 39). Die onkruid waarna Jesus verwys het, was waarskynlik die letterlike baarddrabok. Hierdie giftige plant lyk baie soos koring in sy vroeë stadiums voordat dit ryp word. Wat ’n gepaste beeld is dit tog van naamchristene, dié wat beweer dat hulle kinders van die Koninkryk is, maar nie die ware vrugte voortbring nie! Hierdie huigelagtige Christene wat beweer dat hulle volgelinge van Christus is, is in werklikheid deel van Satan die Duiwel se “saad”.—Gen. 3:15.
-
-
‘Die regverdiges sal so helder soos die son skyn’Die Wagtoring — 2010 | Maart 15
-
-
7. Het party van die koring in onkruid verander? Verduidelik.
7 Jesus het nie gesê dat die koring onkruid sou word nie, maar dat onkruid tussen die koring gesaai is. Hierdie illustrasie beeld dus nie ware Christene uit wat van die waarheid afdwaal nie. Dit verwys eerder na ’n doelbewuste poging van Satan om die Christengemeente te verderf deur goddelose mense daarin te bring. Teen die tyd dat die laaste apostel, Johannes, bejaard was, kon hierdie afvalligheid duidelik gesien word.—2 Pet. 2:1-3; 1 Joh. 2:18.
-
-
‘Die regverdiges sal so helder soos die son skyn’Die Wagtoring — 2010 | Maart 15
-
-
Die langverwagte oestyd
10, 11. (a) Wanneer vind die oes plaas? (b) Hoe word die simboliese koring in Jehovah se voorraadskuur ingebring?
10 Jesus sê vir ons: “Die oes is ’n voleinding van ’n stelsel van dinge, en dié wat oes, is engele” (Matt. 13:39). Gedurende die laaste dae van hierdie goddelose stelsel van dinge vind ’n skeiding plaas—die kinders van die Koninkryk word ingesamel en afgeskei van enige onkruidagtige persone. In hierdie verband sê die apostel Petrus vir ons: “Dit is die vasgestelde tyd vir die oordeel om by die huis van God te begin. As dit dan nou eers by ons begin, wat sal die einde wees van dié wat nie aan die goeie nuus van God gehoorsaam is nie?”—1 Pet. 4:17.
11 Kort nadat die laaste dae, of die “voleinding van ’n stelsel van dinge”, begin het, het die oordeel begin van dié wat beweer dat hulle ware Christene is—hetsy hulle in werklikheid “kinders van die koninkryk” of “kinders van die bose” is. Aan die begin van die oestyd het Babilon die Grote “eers” geval, en daarna is die kinders van die Koninkryk bymekaargebring (Matt. 13:30). Maar hoe is die simboliese koring van toe af in Jehovah se voorraadskuur ingebring? Hierdie geoestes is óf in die herstelde Christengemeente ingebring, waar hulle God se guns en beskerming geniet, óf hulle het hulle hemelse beloning ontvang.
12. Hoe lank duur die oes?
12 Hoe lank duur die oordeel? Jesus het van ’n “oestyd” gepraat, dit wil sê die oes strek oor ’n tydperk (Op. 14:15, 16). Die oordeel van individuele lede van die gesalfdes duur voort dwarsdeur die tyd van die einde. Dit sal voortduur totdat hulle finaal verseël is.—Op. 7:1-4.
-