-
Het jy geweet?Die Wagtoring — 2010 | Maart 1
-
-
Waarom het Jesus gesê dat “niemand nuwe wyn in ou wynsakke [gooi] nie”?
▪ Dit was algemeen in Bybeltye om wyn in dierevelle te hou (Josua 9:13). Leersakke is van die hele huid van mak diere soos boklammers of bokke gemaak. Om ’n leersak te maak, is die dooie dier se kop en voete afgesny en is die huid van die karkas versigtig afgeslag sodat die maag nie oopgesny hoef te word nie. Die vel is dan gelooi en al die openinge toegewerk, behalwe die dier se nek of been, wat as die sak se opening sou dien. Hierdie opening kon met ’n prop toegemaak of met ’n toutjie toegebind word.
Mettertyd het die vel verhard en was dit nie meer so elasties nie. Daarom was ou wynsakke nie geskik om nuwe wyn, wat aanhou gis, in te hou nie. Die gisting sou waarskynlik die verharde leer van ou wynsakke laat oopbars. Maar nuwe leersakke was meer soepel en kon die druk weerstaan wat deur die voortdurende gisting van die nuwe wyn veroorsaak is. Jesus het dus ’n feit genoem wat algemene kennis in sy tyd was. Hy het gesê wat sou gebeur as iemand nuwe wyn in ou wynsakke sit: “Dan sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars, en dit sal uitloop en die wynsakke sal bederf wees. Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word.”—Lukas 5:37, 38.
-
-
Het jy geweet?Die Wagtoring — 2010 | Maart 1
-
-
[Prent op bladsy 15]
’n Ou wynsak
-