-
Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”Volg hulle geloof na
-
-
10 Toe Maria en Josef in die dorpie aankom, het dit gewemel van mense. Ander het voor hulle daar aangekom om te registreer; gevolglik was daar geen plek vir hulle in die gastekamer nie.b Hulle het geen ander keuse gehad as om die nag in ’n stal deur te bring nie. Ons kan ons net voorstel hoe bekommerd Josef moes gewees het toe sy vrou ’n skerp pyn ondervind soos wat sy nog nooit gehad het nie, en toe dit al hoe erger word. Haar geboortepyne het nou hier, van alle plekke, begin.
11. (a) Waarom kan vroue in alle wêrelddele medelye met Maria hê? (b) In watter opsigte was Jesus ’n “eersgeborene”?
11 Vroue in alle wêrelddele kan medelye met Maria hê. Ongeveer 4 000 jaar tevore het Jehovah voorspel dat alle vroue weens oorgeërfde sonde geboortepyne sou ervaar (Gen. 3:16). Daar is geen bewyse dat Maria ’n uitsondering was nie. Lukas se verslag hul die toneel in ’n beskeie sluier van privaatheid en sê eenvoudig: “Sy het geboorte gegee aan haar seun, die eersgeborene” (Luk. 2:7). Ja, dit was haar “eersgeborene”—die eerste van Maria se talle kinders, altesaam ten minste sewe (Mark. 6:3). Hierdie kind sou egter altyd anders wees as die res. Hy was nie net haar eersgeborene nie, maar hy was ook Jehovah se “eersgeborene van die hele skepping”, die enigverwekte Seun van God!—Kol. 1:15.
12. Waar het Maria die baba neergelê, en hoe het die werklikheid verskil van wat in Kersspele, -skilderye en -tonele uitgebeeld word?
12 Dit is hier dat die verslag ’n bekende besonderheid byvoeg: “Sy het hom met doeke toegedraai en hom in ’n krip neergelê” (Luk. 2:7). Kersspele, -skilderye en -tonele regoor die wêreld romantiseer hierdie gebeurtenis. Maar wat was die werklikheid? ’n Krip is ’n voerbak vir plaasdiere. Onthou, die gesin het in ’n stal gebly, ’n plek wat nie—destyds of vandag—juis bekend is vir vars lug en goeie higiëne nie. Watter ouers sal so ’n plek vir die geboorte van hulle kind kies as hulle ’n ander opsie het? Die meeste ouers wil die beste vir hulle kinders hê. Hoeveel te meer sou Maria en Josef die beste vir die Seun van God wou gehad het!
13. (a) Hoe het Maria en Josef hulle bes gedoen met wat hulle gehad het? (b) Hoe kan wyse ouers vandag soortgelyke prioriteite as Josef en Maria stel?
13 Hulle het egter nie toegelaat dat hulle ongewenste situasie hulle verbitterd maak nie; hulle het eenvoudig hulle bes gedoen met wat hulle gehad het. Let byvoorbeeld op dat Maria self vir die baba gesorg het deur hom knus in doeke toe te draai en hom versigtig in die krip neer te lê om te slaap, sodat hy warm en veilig sou wees. Maria was nie van plan om toe te laat dat angstigheid oor haar huidige omstandighede haar daarvan weerhou om na die beste van haar vermoë vir hom te sorg nie. Sy en Josef het ook albei geweet dat die belangrikste ding wat hulle vir hierdie kind kon doen, sou wees om geestelik vir hom te sorg. (Lees Deuteronomium 6:6-8.) Vandag stel wyse ouers soortgelyke prioriteite terwyl hulle hulle kinders in hierdie geestelik verarmde wêreld grootmaak.
-
-
Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”Volg hulle geloof na
-
-
b Dit was destyds die gebruik dat dorpe ’n gemeenskaplike vertrek voorsien om reisigers en verbytrekkende karavane te huisves.
-