-
Julle moet “liefde onder mekaar” hêDie Wagtoring – 2003 | Februarie 1
-
-
5, 6. (a) Watter twee kort illustrasies het Jesus vertel? (b) Wat openbaar hierdie illustrasies omtrent Jehovah?
5 Jesus het twee kort illustrasies vertel om sy toehoorders te leer hoe Jehovah diegene beskou wat afgedwaal het. Die een was van ’n herder. Jesus het gesê: “Watter man onder julle wat honderd skape het, sal nie, wanneer hy een van hulle verloor, die nege-en-negentig in die wildernis laat staan en die een wat verlore is, gaan soek totdat hy dit vind nie? En wanneer hy dit gevind het, sit hy dit met blydskap op sy skouers. En wanneer hy by die huis kom, roep hy sy vriende en sy bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap gevind wat verlore was.’ Ek sê vir julle dat daar net so in die hemel meer vreugde sal wees oor een sondaar wat berou het as oor nege-en-negentig regverdiges wat geen berou nodig het nie.”—Lukas 15:4-7.
-
-
Julle moet “liefde onder mekaar” hêDie Wagtoring – 2003 | Februarie 1
-
-
Verlore maar kosbaar
8. (a) Hoe het die herder en die vrou op hulle verlies gereageer? (b) Wat sê hulle reaksie vir ons oor hoe hulle die verlore besitting beskou het?
8 In albei illustrasies is iets verloor, maar let op die reaksie van die eienaars. Die herder het nie gesê nie: ‘Wat is een skaap as ek nog 99 het? Ek kan daarsonder klaarkom.’ Die vrou het nie gesê nie: ‘Waarom sal ek my oor daardie een muntstuk bekommer? Ek is tevrede met die nege wat ek nog het.’ Die herder het eerder na sy verlore skaap gesoek asof dit sy enigste skaap was. En vir die vrou wat die muntstuk verloor het, was dit asof sy geen ander muntstukke gehad het nie. In albei gevalle was die verlore besitting steeds kosbaar in die eienaar se oë. Wat lig dit toe?
9. Wat word toegelig deur die herder en die vrou se besorgdheid?
9 Let op hoe Jesus albei illustrasies afgesluit het: “Net so [sal daar] in die hemel meer vreugde . . . wees oor een sondaar wat berou het” en “net so, sê ek vir julle, ontstaan daar vreugde onder die engele van God oor een sondaar wat berou het”. Die besorgdheid van die herder en die vrou weerspieël dus in geringe mate die gevoelens van Jehovah en sy hemelse skepsele. Net soos die verlore besittings kosbaar gebly het in die oë van die herder en van die vrou, so bly diegene wat weggedryf en kontak met God se volk verloor het, ook kosbaar in Jehovah se oë (Jeremia 31:3). Hierdie persone is dalk geestelik swak, maar hulle is nie noodwendig opstandig nie. Ondanks hulle verswakte toestand kom hulle dalk nog Jehovah se vereistes in sekere mate na (Psalm 119:176; Handelinge 15:29). Daarom, soos met ander in die verlede, werp Jehovah hulle nie gou ‘voor sy aangesig weg’ nie.—2 Konings 13:23.
10, 11. (a) Hoe wil ons dié beskou wat van die gemeente weggedryf het? (b) Hoe kan ons ons besorgdheid oor hulle toon, volgens Jesus se twee illustrasies?
10 Soos Jehovah en Jesus is ons ook diep besorg oor dié wat swak is en nie meer in die Christengemeente is nie (Esegiël 34:16; Lukas 19:10). Ons beskou ’n geestelik swak persoon as ’n verlore skaap—nie as ’n verlore saak nie. Ons redeneer nie: ‘Waarom sal ons ons oor ’n swakke bekommer? Die gemeente kom goed sonder hom klaar.’ Ons beskou eerder diegene wat weggedryf het maar wil terugkeer, soos Jehovah hulle beskou—as kosbaar.
-
-
Julle moet “liefde onder mekaar” hêDie Wagtoring – 2003 | Februarie 1
-
-
Neem die inisiatief
12. Wat vertel die woorde “die een wat verlore is, gaan soek” ons omtrent die herder se gesindheid?
12 In die eerste van die twee illustrasies sê Jesus dat die herder “die een wat verlore is, gaan soek”. Die herder neem die inisiatief en wend ’n doelgerigte poging aan om die verlore skaap te vind. Moeilike omstandighede, gevaar en afstand keer hom nie. Inteendeel, die herder hou aan soek “totdat hy dit vind”.—Lukas 15:4.
13. Hoe het getroue manne van die ou tyd op die behoeftes van swakkes gereageer, en hoe kan ons sulke Bybelvoorbeelde navolg?
13 Om iemand te help wat aanmoediging nodig het, vereis dan ook dikwels dat die sterker persoon die inisiatief neem. Getroue manne van die ou tyd het dit besef. Toe Jonatan, koning Saul se seun, byvoorbeeld agtergekom het dat sy boesemvriend Dawid aanmoediging nodig het, het Jonatan “opgestaan en na Dawid in Hores gegaan, sodat hy sy hand kon versterk met betrekking tot God” (1 Samuel 23:15, 16). Eeue later, toe goewerneur Nehemia gesien het dat party van sy Joodse broers swak geword het, het hy ook “onmiddellik opgestaan” en hulle aangespoor om ‘aan Jehovah te dink’ (Nehemia 4:14). Vandag wil ons ook ‘opstaan’—die inisiatief neem—om dié wat swak is, te versterk. Maar wie in die gemeente moet dit doen?
14. Wie in die Christengemeente behoort die swakkes te help?
14 Christen- ouer manne in die besonder het die verantwoordelikheid om ‘die swak hande te versterk en die wankelende knieë sterk te maak’ en om ‘vir dié wat angstig van hart is, te sê: “Wees sterk. Moenie bang wees nie”’ (Jesaja 35:3, 4; 1 Petrus 5:1, 2). Let egter op dat Paulus se aansporing om ‘vertroostend met die terneergedrukte siele te praat’ en ‘die swakkes te ondersteun’, nie net aan ouer manne gegee is nie. Paulus se woorde is eerder aan die hele “gemeente van die Tessalonisense” gerig (1 Tessalonisense 1:1; 5:14). Dit is dus die verantwoordelikheid van alle Christene om die swakkes te help. Soos die herder in die illustrasie moet elke Christen beweeg word om “die een wat verlore is, [te] gaan soek”. Dit word natuurlik die beste in samewerking met die ouer manne gedoen. Is daar iets wat jy kan doen om ’n swakke in julle gemeente te help?
-