-
Leer ’n les by NikodemusDie Wagtoring – 2002 | Februarie 1
-
-
Net sowat ses maande nadat Jesus sy aardse bediening begin het, besef Nikodemus dat Jesus “as ’n leermeester van God af gekom het”. Nikodemus, wat beïndruk is deur die wonderwerke wat Jesus kort tevore by die Pasga van 30 G.J. in Jerusalem verrig het, kom onder die sluier van die nag om sy geloof in Jesus te bely en meer oor hierdie leermeester te leer. Daarop vertel Jesus vir Nikodemus ’n baie groot waarheid oor hoe belangrik dit is om “weer gebore” te word sodat ’n mens die Koninkryk van God kan ingaan. By hierdie geleentheid sê Jesus ook die volgende: “God het die wêreld so liefgehad dat hy sy enigverwekte Seun gegee het, sodat elkeen wat geloof in hom beoefen, nie vernietig sal word nie maar die ewige lewe kan hê.”—Johannes 3:1-16.
Wat ’n wonderlike vooruitsig het Nikodemus tog! Hy kan ’n intieme metgesel van Jesus word en ’n ooggetuie wees van verskeie aspekte van Jesus se lewe op aarde. As ’n heerser van die Jode en ’n onderrigter in Israel, het Nikodemus ’n goeie kennis van God se Woord. Hy het ook skerp insig, soos blyk uit die feit dat hy Jesus identifiseer as ’n leermeester wat deur God gestuur is. Nikodemus stel in geestelike dinge belang, en hy is buitengewoon nederig. Hoe moeilik moet dit tog wees vir ’n lid van die Jode se hoogste hof om ’n eenvoudige timmerman se seun te erken as ’n man wat deur God gestuur is! Al hierdie eienskappe is onontbeerlik as iemand ’n dissipel van Jesus wil word.
-
-
Leer ’n les by NikodemusDie Wagtoring – 2002 | Februarie 1
-
-
Eerstens het Johannes daarop gewys dat die Joodse heerser “in die nag na [Jesus] toe gekom” het (Johannes 3:2). Een Bybelgeleerde se mening is: “Nikodemus het in die nag gekom, nie uit vrees nie, maar om die skares te vermy wat sy gesprek met Jesus sou onderbreek.” Tog het Johannes na Nikodemus verwys as “die man wat die eerste keer in die nag na [Jesus] toe gekom het”, in dieselfde konteks as wat hy na Josef van Arimatea verwys het as “’n dissipel van Jesus . . . , maar in die geheim weens sy vrees vir die Jode” (Johannes 19:38, 39). Dit is dus waarskynlik dat Nikodemus Jesus onder die sluier van die nag besoek het uit “vrees vir die Jode”, net soos ander in sy dag bang was om enigiets met Jesus te doen te hê.—Johannes 7:13.
-