-
Die gemeente het “’n tydperk van vrede ingegaan”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
1, 2. Wat wou Saulus in Damaskus doen?
DIE stroewe reisigers nader Damaskus, waar hulle beoog om ’n bose plan uit te voer. Hulle gaan die gehate dissipels van Jesus uit hulle huise sleep, hulle boei, verneder en na Jerusalem neem waar hulle die toorn van die Sanhedrin sal moet verduur.
2 Die leier van die groep, Saulus, het reeds bloed aan sy hande.a Hy het kort tevore goedkeurend toegekyk terwyl sy medegodsdiensyweraars vir Stefanus, ’n getroue dissipel van Jesus, gestenig het (Hand. 7:57–8:1). Saulus is nie net tevrede om Jesus se volgelinge in Jerusalem te vervolg nie; hy word ook ’n opstoker wat gereed staan om die vlamme van vervolging verder te laat versprei. Hy wil die verpestelike sekte wat as “Die Weg” bekend staan, heeltemal uitwis. – Hand. 9:1, 2; sien die venster “Saulus se mandaat in Damaskus”.
-