-
Leer waaksaamheid by Jesus se apostelsDie Wagtoring — 2012 | Januarie 15
-
-
11, 12. Waarom en hoe het Herodes die Christene, Petrus inkluis, mishandel?
11 Petrus, wat by dié geleentheid teenwoordig was, het later self die krag van vurige gebede ondervind. (Lees Handelinge 12:1-6.) In die eerste verse van hierdie verslag vind ons uit dat Herodes die Christene mishandel het om die guns van die Jode te wen. Hy het waarskynlik geweet dat Jakobus ’n apostel is wat besonder na aan Jesus was. Gevolglik het Herodes Jakobus “met die swaard” laat doodmaak (vers 2). So het die gemeente ’n geliefde apostel verloor. Wat ’n toets was dit tog vir die broers!
-
-
Leer waaksaamheid by Jesus se apostelsDie Wagtoring — 2012 | Januarie 15
-
-
13, 14. (a) Hoe het die gemeente op Petrus se gevangenskap gereageer? (b) Wat kan ons leer uit die voorbeeld wat Petrus se mede-Christene ten opsigte van gebed gestel het?
13 Die gemeente het geweet presies wat om te doen. Vers 5 sê: “Gevolglik is Petrus in die gevangenis bewaak; maar die gemeente het voortdurend intense gebede tot God vir hom gedoen.” Ja, hulle gebede ten behoewe van hulle geliefde broer was intense smekinge uit die hart. Die dood van Jakobus het hulle dus nie in wanhoop gedompel nie; ook het dit hulle nie laat dink dat gebed nutteloos is nie. Inteendeel, hulle het geweet dat die gebede van getroue aanbidders baie beteken vir Jehovah. As hierdie gebede in ooreenstemming met sy wil is, verhoor hy dit.—Heb. 13:18, 19; Jak. 5:16.
14 Wat kan ons leer uit die reaksie van Petrus se mede-Christene? Om aan te hou waak, beteken dat ons nie net vir onsself bid nie, maar ook vir ons broers en susters (Ef. 6:18). Weet jy van medegelowiges wat gebuk gaan onder beproewinge? Party het dalk te kampe met vervolging, regeringsverbooie of natuurrampe. Bid gerus uit die hart vir hulle. Jy weet miskien van ander wat minder opvallende ontberinge ondervind. Hulle worstel moontlik met gesinsprobleme, mismoedigheid of swak gesondheid. Dink gerus aan spesifieke persone wat jy by name kan noem wanneer jy met Jehovah, die “Hoorder van die gebed”, praat.—Ps. 65:2.
-