-
“Hou aan praat en moenie stilbly nie”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
“Ek het baie mense in hierdie stad” (Handelinge 18:9-17)
12. Watter versekering het Paulus in ’n visioen ontvang?
12 Indien daar enige twyfel by Paulus bestaan het of hy sy bediening in Korinte moet voortsit, het dit beslis verdwyn die nag toe die Here Jesus in ’n visioen aan hom verskyn het en vir hom gesê het: “Moenie bang wees nie, maar hou aan praat en moenie stilbly nie, want ek is met jou, en geen mens sal jou aanval en jou seermaak nie, want ek het baie mense in hierdie stad” (Hand. 18:9, 10). Wat ’n aanmoedigende visioen! Die Here self het Paulus verseker dat hy beskerm sal word en dat daar baie in die stad is wat sy boodskap waardig is. Hoe het Paulus op die visioen gereageer? Ons lees: “Toe het hy ’n jaar en ses maande daar gebly en die woord van God onder hulle geleer.” – Hand. 18:11.
-
-
“Hou aan praat en moenie stilbly nie”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
16. Hoe hou die Here se woorde: “Hou aan praat en moenie stilbly nie, want ek is met jou”, verband met ons bediening?
16 Onthou, dit was nadat die Jode Paulus se prediking verwerp het dat die Here Jesus Paulus verseker het: “Moenie bang wees nie, maar hou aan praat en moenie stilbly nie, want ek is met jou” (Hand. 18:9, 10). Dit sal goed wees as ons hierdie woorde in gedagte hou, veral wanneer ons boodskap verwerp word. Moet nooit vergeet dat Jehovah harte lees en opregtes van hart na hom toe trek nie (1 Sam. 16:7; Joh. 6:44). Wat ’n aanmoediging is dit tog vir ons om in die bediening besig te bly! Elke jaar word honderdduisende gedoop – honderde elke dag. Vir diegene wat die opdrag gehoorsaam om “dissipels van mense van al die nasies [te maak]”, gee Jesus hierdie versekering: “Ek is met julle al die dae tot aan die einde van die wêreldstelsel.” – Matt. 28:19, 20.
-