-
‘Ek is rein van die bloed van alle mense’‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
12, 13. (a) Watter uitwerking het die opstanding van Eutigus op die gemeente gehad? (b) Watter Bybelse hoop bied vandag vertroosting aan dié wat geliefdes aan die dood afgestaan het?
12 Paulus en sy metgeselle het saam deur Masedonië gereis en toe blykbaar uitmekaar gegaan. Die groep het klaarblyklik in Troas weer bymekaargekom.d Die verslag sê: “Ons het binne vyf dae by hulle in Troas gekom” (Hand. 20:6).e Dit is hier waar die jong man Eutigus opgewek is, soos aan die begin van hierdie hoofstuk beskryf is. Stel jou voor hoe die broers gevoel het toe hulle sien hoe hulle metgesel Eutigus opgewek word! Soos die verslag sê, is hulle “grootliks vertroos”. – Hand. 20:12.
-
-
‘Ek is rein van die bloed van alle mense’‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
d Lukas se gebruik van die eerste persoon in Handelinge 20:5, 6 gee blykbaar te kenne dat hy in Filippi by Paulus aangesluit het nadat Paulus hom ’n ruk vroeër daar agtergelaat het. – Hand. 16:10-17, 40.
e Die reis van Filippi na Troas het vyf dae geduur. Daar was dalk teenwinde, want dieselfde reis het voorheen net twee dae geneem. – Hand. 16:11.
-