-
‘Luister na my verdediging’‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
11. Watter raad het die ouermanne vir Paulus gegee, en wat het gehoorsaamheid daaraan behels? (Sien ook voetnoot.)
11 Hoewel die gerugte ’n volslae verdraaiing van die feite was, het dit Joodse gelowiges nietemin ontstel. Daarom het die ouermanne vir Paulus hierdie opdrag gegee: “Ons het vier manne wat ’n gelofte gemaak het. Neem hierdie manne saam met jou en reinig jou seremonieel saam met hulle en betaal vir hulle die koste sodat hulle hulle koppe kan laat skeer. Dan sal almal weet dat die dinge wat hulle van jou gehoor het, nie waar is nie, maar dat jy jou goed gedra en self ook die Wet gehoorsaam.”c – Hand. 21:23, 24.
12. Hoe het Paulus aanpasbaarheid en ’n gees van samewerking getoon in sy reaksie op die raad van die ouermanne in Jerusalem?
12 Paulus kon geprotesteer het dat die werklike probleem nie die gerugte oor hom is nie, maar die ywer wat daardie Joodse gelowiges vir die Mosaïese Wet gehad het. Hy was egter bereid om aanpasbaar te wees, solank hy nie goddelike beginsels moes skend nie. Hy het vroeër geskryf: “Vir die mense onder die wet het ek soos iemand onder die wet geword, al is ek nie self onder die wet nie, sodat ek dié onder die wet kan wen” (1 Kor. 9:20). By hierdie geleentheid het Paulus met die ouermanne in Jerusalem saamgewerk en “soos iemand onder die wet” geword. Sodoende het hy ’n uitstekende voorbeeld vir ons gestel om vandag met die ouermanne saam te werk en nie daarop aan te dring om dinge op óns manier te doen nie. – Heb. 13:17.
-
-
‘Luister na my verdediging’‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
c Geleerdes beweer dat die manne ’n Nasireërsgelofte afgelê het (Num. 6:1-21). Die Mosaïese Wet, waaronder hulle so ’n gelofte sou afgelê het, was weliswaar nou verouderd. Nietemin het Paulus moontlik geredeneer dat dit nie verkeerd van die manne sou wees om ’n gelofte wat aan Jehovah gedoen is, te vervul nie. Dit sou dus nie verkeerd van hom wees om hulle koste te dra en hulle te vergesel nie. Ons weet nie presies watter soort gelofte dit was nie, maar hoe dit ook al sy, dit is onwaarskynlik dat Paulus sy steun daaraan sou gegee het dat ’n diereoffer gebring word (soos Nasireërs gedoen het), in die veronderstelling dat dit die manne van sonde sou reinig. Die volmaakte offerande van Christus het enige versoeningswaarde wat sulke offerandes gehad het, verwyder. Ongeag wat Paulus gedoen het, ons kan daarvan seker wees dat hy nie sou ingestem het om enigiets te doen wat sy gewete sou skend nie.
-