-
‘Luister na my verdediging’‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
17 Party van dié wat daar gestaan het, was geskok – nie oor die persoon wat Paulus geslaan het nie, maar oor Paulus se reaksie! Hulle het gevra: “Beledig jy die hoëpriester van God?” In antwoord hierop het Paulus vir hulle ’n voorbeeld in nederigheid en in respek vir die Wet gestel. Hy het gesê: “Broers, ek het nie geweet dat hy hoëpriester is nie. Want daar is geskryf: ‘Jy mag nie ’n heerser van jou volk beledig nie’” (Hand. 23:4, 5; Eks. 22:28).d Paulus het nou ’n ander benadering gebruik. Hy het opgemerk dat die Sanhedrin uit Fariseërs en Sadduseërs bestaan en gesê: “Manne, broers, ek is ’n Fariseër, ’n seun van Fariseërs. Ek word geoordeel omdat ek in die opstanding van die dooies glo.” – Hand. 23:6.
18. Waarom het Paulus homself ’n Fariseër genoem, en hoe kan ons in sekere omstandighede dieselfde soort redenasie gebruik?
18 Waarom het Paulus homself ’n Fariseër genoem? Omdat hy “’n seun van Fariseërs” was uit ’n gesin wat aan daardie sekte behoort het. Gevolglik sou baie hom nog as sodanig beskou het.e Maar hoe kon Paulus sê dat hy soos die Fariseërs in ’n opstanding glo? Die Fariseërs het na bewering geglo dat ’n bewuste siel ná die dood voortleef en dat die siele van die regverdiges weer in menseliggame sou lewe. Paulus het nie sulke opvattings geglo nie. Hy het in die opstanding geglo soos Jesus dit geleer het (Joh. 5:25-29). Nietemin het Paulus met die Fariseërs saamgestem dat daar ’n hoop op lewe ná die dood is – in teenstelling met die Sadduseërs, wat nie in ’n toekomstige lewe geglo het nie. Ons kan dieselfde soort redenasie gebruik wanneer ons met Katolieke of Protestante gesels. Ons kan sê dat ons, soos hulle, in God glo. Toegegee, hulle glo moontlik in die Drie-eenheid terwyl ons in die God van die Bybel glo. Maar ons glo soos hulle dat daar ’n God is.
-
-
‘Luister na my verdediging’‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
e In 49 HJ, toe die apostels en ouermanne bespreek het of nie-Jode hulle aan die Mosaïese Wet moet onderwerp, is daar na party van die Christene wat daar was, verwys as “lede van die sekte van die Fariseërs wat gelowiges geword het” (Hand. 15:5). Blykbaar is daardie gelowiges nog steeds in sekere sin deur hulle Fariseïese agtergrond geïdentifiseer.
-