-
“Moenie moed verloor nie!”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
10. Watter ernstige beskuldigings is teen Paulus gemaak?
10 In Sesarea is Paulus “in Herodes se paleis bewaak” terwyl hy gewag het dat die beskuldigers uit Jerusalem kom (Hand. 23:35). Vyf dae later het hulle opgedaag – die hoëpriester Ananias, ’n openbare spreker met die naam Tertullus en ’n groep ouermanne. Tertullus het Feliks eers geprys vir wat hy vir die Jode gedoen het, klaarblyklik om hom te vlei en sy guns te wen.b Toe het Tertullus tot die punt oorgegaan en gesê dat Paulus “’n pes is en dat hy al die Jode oor die hele aarde in opstand laat kom, en hy is ’n leier van die sekte van die Nasareners. Hy het ook probeer om die tempel te ontheilig, en daarom het ons hom gearresteer.” Die ander Jode het “hom ook begin beskuldig en gesê dat hierdie dinge waar is” (Hand. 24:5, 6, 9). Om mense in opstand te laat kom, aan die spits van ’n gevaarlike sekte te staan en die tempel te ontheilig – dit was ernstige aanklagte wat tot ’n doodsvonnis kon lei.
-
-
“Moenie moed verloor nie!”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
b Tertullus het Feliks bedank vir die “groot vrede” wat hy vir die nasie gebring het. Maar gedurende Feliks se bewind as goewerneur was daar in der waarheid minder vrede in Judea as gedurende enige ander administrasie tot die opstand teen Rome. Die opmerking oor “die grootste dankbaarheid” van die Jode vir die hervormings wat Feliks teweeggebring het, was ook ver van die waarheid. In werklikheid het die meeste Jode Feliks verag omdat hy hulle lewe so ondraaglik gemaak het en hulle opstande so wreed onderdruk het. – Hand. 24:2, 3.
-