-
“Moet niemand kwaad vir kwaad vergeld nie”Die Wagtoring – 2007 | Julie 1
-
-
“Moet julle nie wreek nie”
15. Watter rede gee Romeine 12:19 ons om nie in gelyke munt terug te betaal nie?
15 Paulus verstrek nog ’n dwingende rede waarom ons nie in gelyke munt moet terugbetaal nie; dit is die beskeie weg om te volg. Hy sê: “Moet julle nie wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die gramskap; want daar staan geskrywe: ‘Die wraak is myne; ek sal vergeld, sê Jehovah’” (Romeine 12:19). ’n Christen wat wraak probeer neem, is vermetel. Hy eien hom ’n rol toe wat aan God behoort (Matteus 7:1). Wat meer is, deur sake in sy eie hande te neem, toon hy ’n gebrek aan geloof in Jehovah se versekering: “Ek sal vergeld.” In teenstelling hiermee het ware Christene die vertroue dat Jehovah “reg [sal] laat geskied aan sy uitverkorenes” (Lukas 18:7, 8; 2 Tessalonisense 1:6-8). Hulle laat dit beskeie aan God oor om onregte te wreek.—Jeremia 30:23, 24; Romeine 1:18.
-
-
“Moet niemand kwaad vir kwaad vergeld nie”Die Wagtoring – 2007 | Julie 1
-
-
18. Waarom is dit reg, liefdevol en beskeie om nie in gelyke munt terug te betaal nie?
18 In hierdie kort bespreking van Romeine hoofstuk 12 het ons verskeie belangrike redes gesien waarom ons “niemand kwaad vir kwaad vergeld nie”. Eerstens, om nie in gelyke munt terug te betaal nie, is die regte weg om te volg. Met die oog op die medelye wat God aan ons betoon, is dit reg en redelik dat ons ons vir Jehovah aanbied en sy gebooie gewillig gehoorsaam—met inbegrip van die gebod om ons vyande lief te hê. Tweedens, om te weier om kwaad vir kwaad te vergeld, is die liefdevolle weg om te volg. Deur nie in gelyke munt terug te betaal nie en vrede te bevorder, hoop ons, uit liefde, om selfs party wrede teenstanders te help om aanbidders van Jehovah te word. Derdens, om nie kwaad vir kwaad te vergeld nie, is die beskeie weg om te volg. Dit sal vermetel wees om ons te wreek, want Jehovah sê: “Die wraak is myne.” God se Woord waarsku ook: “Het vermetelheid gekom? Dan sal oneer kom; maar wysheid is by die beskeidenes” (Spreuke 11:2). Wanneer ons wyslik die wraak aan God oorlaat, toon ons dat ons beskeie is.
-