-
‘Hou aan om die kwaad te oorwin’ deur woede te beheersDie Wagtoring — 2010 | Junie 15
-
-
10. Watter gesindheid moet Christene ten opsigte van wraak aan die dag lê?
10 Wat met Simeon en Levi en tussen Dawid en Abigail gebeur het, toon op onmiskenbare wyse dat Jehovah onbeheerste woede en geweld teëstaan en dat hy pogings om vrede te maak, seën. “Wees, indien moontlik, sover dit van julle afhang, vreedsaam teenoor alle mense”, het die apostel Paulus geskryf. “Moet julle nie wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die gramskap; want daar staan geskrywe: ‘Die wraak is myne; ek sal vergeld, sê Jehovah.’ Maar ‘as jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, sal jy vurige kole op sy hoof hoop’. Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar hou aan om die kwaad met die goeie te oorwin.”—Rom. 12:18-21.a
-
-
‘Hou aan om die kwaad te oorwin’ deur woede te beheersDie Wagtoring — 2010 | Junie 15
-
-
a “Vurige kole” is ’n verwysing na ’n ou metode om erts te smelt deur dit van bo en onder te verhit om die metaal te onttrek. As ons vriendelik is met dié wat onvriendelik is, kan dit hulle gesindheid versag en hulle beter eienskappe na vore laat kom.
-