-
“Vlug vir die hoerery”‘Hou julle in God se liefde’
-
-
3. Hoe suksesvol was Bileam se plan?
3 Het hierdie strategie gewerk? In ’n mate, ja. Tienduisende Israelitiese mans is verlok en het “onsedelike gemeenskap met die dogters van Moab” gehou. Hulle het selfs begin om Moabitiese gode te aanbid, waaronder die afstootlike Baäl van Peor, ’n god van vrugbaarheid, oftewel seks. As gevolg daarvan het 24 000 Israeliete daar op die grens van die Beloofde Land gesterf. Wat ’n enorme tragedie was dit tog nie!—Numeri 25:1-9.
-
-
“Vlug vir die hoerery”‘Hou julle in God se liefde’
-
-
4. Waarom het duisende Israeliete voor onsedelikheid geswig?
4 Wat het aanleiding gegee tot hierdie ramp? Baie van die volk het ’n goddelose hart ontwikkel omdat hulle hulle teruggetrek het van Jehovah, die God wat hulle uit Egipte verlos het, hulle in die wildernis gevoed het en hulle veilig na die beloofde land gelei het (Hebreërs 3:12). In verband met hierdie saak het die apostel Paulus geskryf: “Laat ons ook nie hoerery beoefen, soos party van hulle hoerery gepleeg het nie, sodat hulle geval het, drie-en-twintigduisend van hulle op een dag.”a—1 Korintiërs 10:8.
-
-
“Vlug vir die hoerery”‘Hou julle in God se liefde’
-
-
a Die getal wat in Numeri aangegee word, het blykbaar “die hoofde van die volk” wat deur die regters tereggestel is, moontlik altesaam 1 000, ingesluit by dié wat regstreeks deur Jehovah tereggestel is.—Numeri 25:4, 5.
-