-
Is die Bybel die Woord van God?Die Wagtoring — 2010 | Maart 1
-
-
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om te onderrig, om tereg te wys, om dinge reg te stel, om in regverdigheid te dissiplineer, sodat die mens van God volkome bevoeg kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie werk.”—2 TIMOTEUS 3:16, 17.
WAT ’n kragtige stelling deur die apostel Paulus oor die voortreflike waarde van die Bybel! Hy het natuurlik spesifiek verwys na dié deel van die Bybel wat destyds aan hom beskikbaar was—die geskrifte waarna mense soms verwys as die Ou Testament. Maar in beginsel is sy woorde net soveel van toepassing op al 66 boeke van die Bybel, insluitende dié wat in die eerste eeu HJ deur Jesus se getroue dissipels geskryf is.
Heg jy soveel waarde aan die Bybel as Paulus? Dink jy dat die skrywers van die Bybel werklik deur God geïnspireer is? Eerste-eeuse Christene het so gedink. Gedurende die daaropvolgende eeue het mense dit steeds geglo. Byvoorbeeld, die 14de-eeuse Engelse geestelike John Wycliffe het die Bybel beskou as “die onfeilbare maatstaf van waarheid”. The New Bible Dictionary lewer kommentaar oor Paulus se woorde hierbo en sê dat goddelike “inspirasie dus die waarheid waarborg van alles wat die Bybel sê”.
-
-
Die Bybel is werklik God se geïnspireerde WoordDie Wagtoring — 2010 | Maart 1
-
-
PRESIES wat het die apostel Paulus bedoel toe hy gesê het dat die Bybel “deur God geïnspireer” is? (2 Timoteus 3:16). Paulus, wat in Grieks geskryf het, het ’n woord gebruik wat letterlik “deur God ingeblaas” beteken. Daarmee het Paulus bedoel dat God die Bybelskrywers deur middel van sy heilige gees gerig het om slegs te skryf wat Hy wou hê hulle moes skryf.
-