-
Volg Moses se geloof naDie Wagtoring — 2014 | April 15
-
-
1, 2. (a) Watter besluit het Moses geneem toe hy 40 jaar oud was? (Sien prent aan begin van artikel.) (b) Waarom het Moses verkies om saam met God se volk sleg behandel te word?
MOSES het geweet wat Egipte hom kon bied. Hy het die spogwonings van die rykes gesien. Hy was deel van die koninklike huisgesin. Hy is “in al die wysheid van die Egiptenaars onderrig”, wat waarskynlik die kunste, sterrekunde, wiskunde en ander wetenskappe ingesluit het (Hand. 7:22). Binne sy bereik was die rykdom, mag en status waarvan ’n gewone Egiptenaar maar net kon droom!
2 Maar toe Moses 40 jaar oud was, het hy ’n besluit geneem wat die koninklike Egiptiese gesin wat hom aangeneem het, ongetwyfeld dronkgeslaan het. Hy het nie eens die “normale” lewe van ’n gewone Egiptenaar gekies nie, maar hy het gekies om saam met slawe sleg behandel te word! Waarom? Moses het geloof gehad. (Lees Hebreërs 11:24-26.) Deur geloof het Moses baie meer as die stoflike wêreld om hom gesien. As ’n geestelike man het Moses geloof gehad in “die Onsigbare”, Jehovah, en in die vervulling van God se beloftes.—Heb. 11:27.
-
-
Volg Moses se geloof naDie Wagtoring — 2014 | April 15
-
-
4. Wat het Moses oor die “genieting van sonde” besef?
4 Met oë van geloof het Moses gesien dat die “genieting van sonde” tydelik is. Ander het dalk geredeneer dat Egipte, hoewel dit deurtrek was van afgodediens en spiritisme, ’n wêreldmoondheid geword het, terwyl Jehovah se volk in slawerny was! Maar Moses het geweet dat God dinge kon verander. Hoewel genotsugtige mense blykbaar gefloreer het, het Moses geloof gehad dat goddelose mense sou vergaan. Gevolglik is hy nie deur “die tydelike genieting van sonde” verlok nie.
5. Wat sal ons help om “die tydelike genieting van sonde” te weerstaan?
5 Hoe kan jy “die tydelike genieting van sonde” weerstaan? Moet nooit vergeet dat sondige genot kortstondig is nie. Met oë van geloof moet jy sien dat ‘die wêreld verbygaan en so ook sy begeerte’ (1 Joh. 2:15-17). Dink na oor die toekoms van onberouvolle sondaars. Hulle is “op glibberige grond”, en ‘skielike verskrikkinge sal ’n einde aan hulle maak!’ (Ps. 73:18, 19). Wanneer jy in die versoeking kom om jou aan sondige gedrag skuldig te maak, moet jy jou afvra: ‘Watter soort toekoms wil ek hê?’
-