-
Nederige onderdanigheid aan liefdevolle herdersDie Wagtoring – 2007 | April 1
-
-
7. Watter raad het die apostel Paulus in verband met ons gesindheid teenoor Christenopsieners gegee?
7 Ons hemelse Herders, Jehovah God en Jesus Christus, verwag dat ons gehoorsaam en onderdanig moet wees aan die onderherders wat deur hulle in posisies van verantwoordelikheid in die gemeente geplaas is (1 Petrus 5:5). Die apostel Paulus het onder inspirasie geskryf: “Hou dié in gedagte wat die leiding onder julle neem, wat die woord van God tot julle gespreek het, en namate julle die uiteinde van hulle gedrag aanskou, moet julle hulle geloof navolg. Wees gehoorsaam aan dié wat die leiding onder julle neem en wees onderdanig, want hulle waak oor julle siel as dié wat rekenskap sal gee; sodat hulle dit met vreugde kan doen en nie met ’n gesug nie, want dit sal vir julle skadelik wees.”—Hebreërs 13:7, 17.
8. Wat nooi Paulus ons om te “aanskou”, en hoe moet ons ‘gehoorsaam wees’?
8 Let daarop dat Paulus ons nooi om die uiteinde van die getroue gedrag van die ouer manne te “aanskou”, of noukeurig waar te neem, en om hierdie voorbeelde van geloof na te volg. Verder maan hy ons om gehoorsaam te wees en om onderdanig te wees aan die leiding van hierdie aangestelde manne. Volgens die Bybelgeleerde R. T. France is die woord wat hier met “wees gehoorsaam” vertaal word, in die oorspronklike Grieks nie “die gewone woord vir gehoorsaamheid nie, maar letterlik ‘word oortuig’, wat op ’n gewillige aanvaarding van hulle leierskap dui”. Ons gehoorsaam die ouer manne nie net omdat ons in God se Woord beveel word om dit te doen nie, maar ook omdat ons oortuig is dat hulle Koninkryksbelange en ons belange op die hart dra. Ons sal beslis gelukkig wees as ons hulle leierskap gewillig aanvaar.
-
-
Nederige onderdanigheid aan liefdevolle herdersDie Wagtoring – 2007 | April 1
-
-
10, 11. Hoe het opsieners in die eerste eeu en vandag ‘die woord van God gespreek’ tot hulle mede-Christene?
10 In Hebreërs 13:7, 17, wat hierbo aangehaal word, gee die apostel Paulus vier redes waarom ons gehoorsaam en onderdanig moet wees aan Christenopsieners. Die eerste een is dat hulle “die woord van God tot [ons] gespreek het”. Onthou dat die “gawes in die vorm van mense” wat Jesus aan die gemeente gee, bedoel is “om die heiliges reg te help” (Efesiërs 4:11, 12). Hy het die denke en gedrag van eerste-eeuse Christene deur middel van getroue onderherders reggestel, waarvan party geïnspireer is om briewe aan die gemeentes te skryf. Hy het hierdie geesaangestelde opsieners gebruik om die vroeë Christene te lei en op te bou.—1 Korintiërs 16:15-18; 2 Timoteus 2:2; Titus 1:5.
11 Vandag rig Jesus ons deur middel van “die getroue en verstandige slaaf”, wat verteenwoordig word deur sy Bestuursliggaam en die aangestelde ouer manne (Matteus 24:45). Uit respek vir “die hoofherder”, Jesus Christus, slaan ons ag op Paulus se raad: “Julle [moet] respek . . . hê vir dié wat hard onder julle werk en onder julle die leiding neem in die Here en julle ernstig vermaan.”—1 Petrus 5:4; 1 Tessalonisense 5:12; 1 Timoteus 5:17.
-