-
Is die belydenis van sondes ’n vereiste van God?Die Wagtoring — 2010 | September 1
-
-
As ons weer na die boek Jakobus gaan, vind ons hierdie bemoedigende woorde: “Is iemand onder julle [geestelik] siek? Laat hom die ouer manne van die gemeente na hom toe roep, en laat hulle oor hom bid en hom in die naam van Jehovah met olie salf. En die gebed van geloof sal die een wat ongesteld is, gesond maak, en Jehovah sal hom oprig. Ook as hy sondes gepleeg het, sal dit hom vergewe word.”—Jakobus 5:14, 15.
-
-
Is die belydenis van sondes ’n vereiste van God?Die Wagtoring — 2010 | September 1
-
-
Eerstens is daar die ‘salwing met olie’. Dit verwys na die genesende krag van God se Woord. Die apostel Paulus het verduidelik: “Die woord van God is lewend en oefen krag uit . . . en kan gedagtes en bedoelings van die hart onderskei”, deur tot diep in die persoon se verstand en hart deur te dring (Hebreërs 4:12). Deur die vaardige gebruik van die Bybel kan die ouer manne die geestelik siek persoon help om te besef wat die oorsaak van die probleem is en om gepaste stappe te doen om sake voor God reg te stel.
-