-
Ons kan enige beproewing verduur!Die Wagtoring – 2005 | Junie 15
-
-
Die Bybel erken dat God se knegte “allerhande beproewinge [sal] teëkom” (Jakobus 1:2). Let op die woord “allerhande” (Grieks poi·kiʹlos). Volgens die antieke gebruik daarvan beteken die oorspronklike woord “menigvuldig” of “veelkleurig” en beklemtoon dit “die verskeidenheid van die beproewinge”. “Allerhande beproewinge” is dus beproewinge wat as ’t ware in baie kleure voorkom. Maar Jehovah ondersteun ons sodat ons elke beproewing kan verduur. Waarom kan ons daarvan seker wees?
-
-
Ons kan enige beproewing verduur!Die Wagtoring – 2005 | Junie 15
-
-
Ja, ongeag wat die “kleur”, of aard, van ons beproewing is, daar sal altyd ’n ooreenstemmende “kleur”, of blyk, van God se onverdiende goedhartigheid wees (Jakobus 1:17). Die tydige en gepaste ondersteuning wat Jehovah aan sy knegte voorsien—ongeag hoe verskillend hulle versoekings of uitdagings ook al mag wees—is maar net een bewys van “die uiters veelsydige wysheid van God” (Efesiërs 3:10). Stem jy nie saam nie?
-