-
Hoe Gajus sy broers gehelp hetDie Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2017 | Mei
-
-
’N MOEILIKE SITUASIE
Johannes het nie net aan Gajus geskryf om hom te bedank nie. Johannes wou hom ook met ’n ernstige probleem help. Diotrefes, ’n lid van die Christengemeente, het om die een of ander rede geweier om gasvryheid aan reisende Christene te betoon. Hy wou ook nie hê dat die broers gasvryheid moes betoon nie.—3 Joh. 9, 10.
Al kon getroue Christene by Diotrefes bly, sou hulle nie. Hy was iemand wat die eerste plek in die gemeente wou hê, hy het niks van Johannes met respek ontvang nie en hy het die apostel en ander beskinder. Johannes het hom nooit ’n valse onderrigter genoem nie, maar Diotrefes het nie respek vir die apostel se gesag gehad nie. Sy lojaliteit word ook betwyfel omdat hy altyd die eerste wou wees en hy hom nie soos ’n Christen gedra het nie. Mense soos hy, wat ambisieus en verwaand is, kan ’n slegte invloed op die gemeente uitoefen. Johannes het vir Gajus, en ook vir ons almal, gesê: “Wees ’n navolger, nie van wat sleg is nie.”—3 Joh. 11.
-
-
Hoe Gajus sy broers gehelp hetDie Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2017 | Mei
-
-
Tweedens, ons moenie verbaas wees as iemand in die gemeente dalk nie die gesag van die broers respekteer nie. Daar was mense wat Johannes en die apostel Paulus se gesag probeer ondermyn het (2 Kor. 10:7-12; 12:11-13). Wat moet ons doen as dit dalk in ons gemeente gebeur? Paulus het vir Timoteus gesê: “Maar ’n slaaf van die Here hoef nie te stry nie, maar moet teer wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig, iemand wat hom onder die kwaad in bedwang hou, wat dié wat nie gunstiggesind is nie, met sagmoedigheid onderrig.” As ons kalm bly wanneer mense ons omkrap, kan dit hulle help om nie meer so krities te wees nie. Jehovah kan “hulle miskien berou . . . gee wat tot juiste kennis van die waarheid lei”.—2 Tim. 2:24, 25.
-