-
Hoe om ons Christelike identiteit te bewaarDie Wagtoring – 2005 | Februarie 15
-
-
4. Hoe het Jesus beklemtoon dat dit belangrik is om ons onmiskenbare identiteit as Christene te bewaar?
4 Maar as toegewyde knegte van Jehovah besef ons dat dit tragies sal wees as enigeen van ons—jonk of oud—ons Christelike identiteit verloor. ’n Gesonde Christelike identiteitsgevoel kan slegs gegrond wees op Jehovah se standaarde en wat hy van ons verwag. Ons is immers na sy beeld geskep (Genesis 1:26; Miga 6:8). Die Bybel vergelyk ons onmiskenbare identiteit as Christene met boklere, wat deur almal gesien kan word. Aangaande ons tye het Jesus gewaarsku: “Kyk! Ek kom soos ’n dief. Gelukkig is die een wat wakker bly en sy boklere bewaar, sodat hy nie naak sal loop en mense sy skande sien nie” (Openbaring 16:15).a Ons wil nie afstand doen van ons Christelike eienskappe en gedragstandaarde en toelaat dat Satan se wêreld ons vorm nie. As dit gebeur, sal ons hierdie “boklere” verloor. So ’n situasie sal betreurenswaardig en skandelik wees.
-
-
Hoe om ons Christelike identiteit te bewaarDie Wagtoring – 2005 | Februarie 15
-
-
a Hierdie woorde sinspeel moontlik op die pligte van die beampte van die tempelberg in Jerusalem. Gedurende die nagwake het hy deur die tempel gestap om te sien of die Levitiese wagte wakker was of geslaap het op hulle pos. Enige wag wat geslaap het, is met ’n stok geslaan, en sy boklere kon as ’n vernederende straf verbrand word.
-