-
”Julle verlossing kom nader”!Die Wagtoring — 2015 | Julie 15
-
-
16, 17. Wat moet gebeur voordat die huwelik van die Lam plaasvind?
16 Sodra al 144 000 gesalfdes in die hemel is, kan die finale voorbereidings vir die huwelik van die Lam begin (Openbaring 19:9). Maar voordat hierdie opwindende gebeurtenis plaasvind, moet iets anders gebeur. Hou in gedagte dat Gog God se volk sal aanval terwyl die oorblyfsel van die gesalfdes nog op die aarde is (Esegiël 38:16). Hoe sal God se volk reageer? Hulle sal die volgende bevele gehoorsaam: “Julle sal in hierdie geval nie hoef te veg nie. Neem stelling in, staan stil en sien die redding van Jehovah ten behoewe van julle. . . . Moenie bang of verskrik wees nie” (2 Kronieke 20:17). Die een of ander tyd nadat Gog se aanval begin het, sal al die gesalfdes wat nog op die aarde is, hemel toe geneem word. Openbaring 17:14 sê vir ons watter reaksie daar in die hemel sal wees op Gog se aanval. Die vyande van God se volk “sal teen die Lam veg, maar die Lam sal hulle oorwin omdat hy Here van die here en Koning van die konings is. Ook sal die geroepenes en uitverkorenes en getroues wat saam met hom is, oorwin.” Jesus, tesame met sy 144 000 gesalfde konings in die hemel, sal God se volk hier op die aarde red.
17 Die oorlog van Armageddon sal Jehovah se heilige naam verheerlik (Openbaring 16:16). Almal wat as bokke, of as ontrou, geoordeel word, sal vernietig word. Daar sal nie meer goddeloosheid op die aarde wees nie, en die “groot menigte” sal Armageddon oorleef. Uiteindelik sal die tyd aanbreek vir die opwindende klimaks van die boek Openbaring—die huwelik van die Lam! (Openbaring 21:1-4).d (Sien voetnoot.) Al die oorlewendes op die aarde sal God se guns geniet en sy groot liefde en vrygewigheid ondervind. Ons sien gretig uit na daardie tyd. Wat ’n wonderlike huweliksfees sal dit tog wees!—Lees 2 Petrus 3:13.
-