-
Hoe het lewe begin?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
1. Hoe het die heelal begin?
Die Bybel sê: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep” (Genesis 1:1). Die meeste wetenskaplikes sê ook dat die heelal ’n begin gehad het. Hoe het God dit gemaak? Hy het sy “werkende krag”, dit wil sê sy heilige gees, gebruik om alles in die heelal te maak, insluitende sterrestelsels, sterre en planete. – Genesis 1:2.
-
-
Hoe het lewe begin?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
5. Ons kan glo wat die Bybel sê oor hoe lewe begin het
In Genesis hoofstuk 1 beskryf die Bybel waar die aarde en al die lewende dinge daarop vandaan kom. Kan jy hierdie verslag glo, of is dit net ’n storie? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.
Sê die Bybel dat die aarde en al die lewende dinge daarop in ses dae van 24 uur gemaak is?
Is die Bybel se verslag oor waar lewe vandaan kom, logies, en kan ’n mens dit glo? Hoekom, of hoekom nie?
Lees Genesis 1:1, en bespreek dan hierdie vraag:
Wetenskaplikes sê dat die heelal ’n begin gehad het. Hoe stem dit ooreen met wat jy nou net in die Bybel gelees het?
Party mense wonder of God evolusie gebruik het om lewende dinge te maak. Lees Genesis 1:21, 25, 27, en bespreek dan hierdie vrae:
Leer die Bybel dat God ’n eenvoudige lewensvorm, of sel, gemaak het, wat toe later in visse, soogdiere en mense verander het? Of het hy al die basiese “soorte” lewende dinge gemaak?b
-