Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Luister asseblief na hierdie droom”
    Die Wagtoring — 2014 | Augustus 1
    • Josef het nie geweet van hulle plan om hom dood te maak nie en het ongetwyfeld gehoop dat dit ’n vreedsame ontmoeting sou wees. Maar toe Josef by sy broers kom, het hulle hom aangeval! Hulle het sy spesiale kleed hardhandig uitgetrek, hom na ’n droë waterput gesleep en hom daarin gegooi. Josef het tot onder in die put geval! Nadat hy van die skok herstel het, het hy met ’n gesukkel op sy voete gekom, maar hy sou nooit sonder hulp kon uitklim nie. Hy het net ’n kring lug gesien terwyl sy broers se stemme al hoe verder weg geklink het. Hy het na hulle geroep en hulle gesmeek, maar hulle het hom geïgnoreer. Hulle het gevoelloos daar naby gaan sit en eet. Terwyl Ruben weg was, het hulle dit weer oorweeg om die seun dood te maak, maar Juda het hulle oorreed om hom eerder aan verbygaande handelaars te verkoop. Dotan was naby die handelsroete na Egipte, en hulle het nie nodig gehad om lank te wag voordat ’n karavaan Ismaeliete en Midianiete verbygekom het nie. Voordat Ruben teruggekom het, was Josef verkoop. Hulle het hulle broer vir 20 sikkels as ’n slaaf verkoop.b—Genesis 37:23-28; 42:21.

      Josef se broers gooi hom in ’n put en vat sy kleed

      Josef het gedoen wat reg is, maar sy broers het hom gehaat

  • “Luister asseblief na hierdie droom”
    Die Wagtoring — 2014 | Augustus 1
    • b Die Bybelverslag is selfs in hierdie fynste besonderheid akkuraat. Dokumente uit dieselfde tydperk toon dat 20 sikkels die standaardprys vir slawe in Egipte was.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel