Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • God se koninkryk heers
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
    • 9 Jehovah verseker ons eweneens dat die Koninkryk ’n werklikheid is. Soos in die Bybelboek Hebreërs getoon word, het baie aspekte van die Wet die Koninkryksreëling voorafgeskadu (Hebreërs 10:1). Daar was ook voorskouings van God se Koninkryk in die aardse koninkryk van Israel. Dit was geen gewone regering nie, want die heersers het op ‘die troon van Jehovah’ gesit (1 Kronieke 29:23). Daar is boonop voorspel: “Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees” (Genesis 49:10).a Ja, dit was in hierdie Judese koningslyn dat Jesus, die permanente Koning van God se regering, gebore sou word.—Lukas 1:32, 33.

  • God se koninkryk heers
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
    • a Die naam Silo beteken “Hy wie s’n dit is; Hy aan wie dit behoort”. Dit het mettertyd duidelik geword dat “Silo” Jesus Christus is, “die Leeu wat uit die stam Juda is” (Openbaring 5:5). Party van die Joodse Targoems het die woord “Silo” eenvoudig deur “die Messias” of “die koning Messias” vervang.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel