-
God se rus—Wat is dit?Die Wagtoring — 2011 | Julie 15
-
-
1, 2. Wat kan ons aflei uit die oorspronklike vorm van die werkwoord “gerus het” in Genesis 2:3, en watter vrae ontstaan?
IN DIE eerste hoofstuk van Genesis leer ons dat God die aarde gedurende ses figuurlike dae voorberei het vir mense om op te woon. Aan die einde van elkeen van hierdie tydperke word daar gesê: “Dit was aand en dit was oggend” (Gen. 1:5, 8, 13, 19, 23, 31). Maar met betrekking tot die sewende dag sê die Bybel: “God het die sewende dag begin seën en dit geheilig, omdat hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskep het.”—Gen. 2:3.
2 In die oorspronklike taal dui die vorm van die werkwoord “gerus het” daarop dat die handeling nog voortduur. Dit impliseer dat die sewende dag—God se “dag” van rus—in 1513 VHJ, toe Moses die boek Genesis geskryf het, nog voortgeduur het. Duur God se rusdag nog steeds voort? Indien wel, kan ons vandag daarin ingaan? Die antwoorde op hierdie vrae is vir ons van die allergrootste belang.
-
-
God se rus—Wat is dit?Die Wagtoring — 2011 | Julie 15
-
-
5. Wat was die doel van die sewende dag, en wanneer sal hierdie voorneme ten volle verwesenlik wees?
5 Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons onthou wat die doel was van die sewende dag. Genesis 2:3 sit dit uiteen: “God het die sewende dag begin seën en dit geheilig.” Hierdie dag is “geheilig”—afgesonder deur Jehovah—om sy voorneme te volbring. Hierdie voorneme is dat die aarde bewoon word deur gehoorsame mans en vroue wat na die aarde en alle lewe daarop sal omsien (Gen. 1:28). Dit is met die verwesenliking van hierdie voorneme voor oë dat Jehovah God sowel as Jesus Christus, die “Here van die sabbat”, “tot nou toe aangehou werk” het (Matt. 12:8). God se rusdag sal voortduur totdat sy voorneme in verband daarmee aan die einde van Christus se Duisendjarige Heerskappy ten volle verwesenlik is.
-