Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • God se voorneme is dat die mens lewe in ’n paradys geniet
    Die Wagtoring – 1989 | Augustus 1
    • 9 “En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword. Ook het die HERE God ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad. En daar het ’n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword.”—Genesis 2:7-10.b

  • God se voorneme is dat die mens lewe in ’n paradys geniet
    Die Wagtoring – 1989 | Augustus 1
    • b Die profeet Moses, wat die inligting in die boek Genesis in die 16de eeu voor ons Gewone Jaartelling opgeteken het, het ooreenkomstig die kennis van sy dag die volgende inligting oor hierdie rivier in Eden bygevoeg:

      “Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Hawila loop waar die goud is. En die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen. En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop. En die naam van die derde rivier is die [Tigris]. Dit is hy wat oos van [Assirië] loop. En die vierde rivier is die [Eufraat].”—Genesis 2:11-14, vgl. NAV.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel