-
God se voorneme is dat die mens lewe in ’n paradys genietDie Wagtoring – 1989 | Augustus 1
-
-
11 “Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak. En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.”—Genesis 2:15-17.
-
-
God se voorneme is dat die mens lewe in ’n paradys genietDie Wagtoring – 1989 | Augustus 1
-
-
13. Watter vooruitsig het die eerste mens gehad, en waarom?
13 Eindeloos? Wat ’n feitlik ongelooflike gedagte moes dit tog vir die volmaakte mens gewees het! Maar waarom nie? Sy Skepper was glad nie van plan om hierdie tuin van Eden, wat so meesterlik ontwerp is, te vernietig nie. Waarom sou hy sy eie werk vernietig wanneer dit so goed en ’n uiting van sy kunstige skeppingsvermoë was? Dit sou logieserwys nie sy voorneme wees om dit te doen nie (Jesaja 45:18). En aangesien hierdie weergalose tuin altyd bewerk moes word, sou ’n bewerker en opsigter soos die volmaakte mens, Adam, nodig wees. En as die opsigter, die mens, nie die vrugte van die verbode “boom van die kennis van goed en kwaad” geëet het nie, sou hy nooit sterf nie. Die volmaakte mens kon vir ewig lewe!
14. Hoe kon Adam ewige lewe in die Paradys geniet?
14 Ewige lewe in die Paradystuin van Eden is aan Adam voorgehou! Hy kon dit vir ewig geniet, mits hy volmaak gehoorsaam aan sy Skepper gebly het deur nooit vrugte te eet wat deur die Skepper van die mens verbied is nie. Dit was Sy wens dat die volmaakte mens gehoorsaam bly en vir ewig lewe. Die verbod op die vrugte van “die boom van die kennis van goed en kwaad” was geensins dodelik nie. Dit was bloot ’n toets van die mens se volmaakte gehoorsaamheid aan sy Vader. Dit het die mens ’n geleentheid gebied om sy liefde vir God, sy Skepper, te bewys.
-