-
Waarom goddeloosheid voortduurDie Wagtoring – 2007 | September 15
-
-
Die Bybel vertel vir ons wat gebeur het. Deur ’n slang as sy mondstuk te gebruik, het Satan die Duiwel Eva genader en gesê: “Is dit werklik so dat God gesê het dat julle nie van al die bome van die tuin mag eet nie?” Toe Eva God se bevel herhaal, het Satan vir haar gesê: “Julle sal sekerlik nie sterf nie. Want God weet dat die dag as julle daarvan eet, julle oë sekerlik geopen sal word en julle sekerlik soos God sal word deur goed en kwaad te ken.” Gevolglik het die boom so begeerlik vir Eva gelyk dat “sy van sy vrugte begin neem en dit geëet” het. Die verslag sê voorts: “Daarna het sy ook vir haar man daarvan gegee toe hy by haar was, en hy het dit begin eet” (Genesis 3:1-6). Adam sowel as Eva het sodoende hulle wilsvryheid misbruik en gesondig deur ongehoorsaam aan God te wees.
Besef jy die erns van wat gebeur het? Die Duiwel het God se woorde aan Adam weerspreek. Satan se woorde het geïmpliseer dat Adam en Eva Jehovah nie sou nodig hê om te besluit wat goed en wat sleg is vir hulle nie. Satan se aantyging het dus Jehovah se reg om oor die mens te regeer, asook die geldigheid van Sy heerskappy, in twyfel getrek. Die allerbelangrikste geskil wat Satan geopper het, het dus die regmatigheid van Jehovah se soewereiniteit behels. Hoe het die ware God daardie geskil besleg?
-
-
Waarom goddeloosheid voortduurDie Wagtoring – 2007 | September 15
-
-
Sowat 6 000 jaar het verloop sedert Satan God se reg om te regeer, bevraagteken het. Wat het die geskiedenis bewys? Kyk na twee aspekte van Satan se aantyging teen God. Satan het selfversekerd vir Eva gesê: “Julle sal sekerlik nie sterf nie” (Genesis 3:4). Deur te sê dat Adam en Eva nie sou sterf as hulle van die verbode vrug eet nie, het Satan eintlik gesê dat Jehovah ’n leuenaar is. Dit was inderdaad ’n ernstige aantyging! As God nie eerlik was wat hierdie saak betref nie, hoe kon hy in verband met enige ander saak vertrou word? Maar wat het die verloop van tyd getoon?
Adam en Eva het siek en oud geword, pyn ervaar en uiteindelik gesterf. “Al die dae van Adam wat hy gelewe het, was negehonderd-en-dertig jaar, en hy het gesterf”, sê die Bybel (Genesis 3:19; 5:5). En hierdie droewige erfenis is van Adam aan die hele mensdom oorgedra (Romeine 5:12). Die verloop van tyd het bewys dat Satan “’n leuenaar en die vader van die leuen” is en het getoon dat Jehovah “die God van waarheid” is.—Johannes 8:44; Psalm 31:5.
-