-
Waarom goddeloosheid voortduurDie Wagtoring – 2007 | September 15
-
-
Die Bybel vertel vir ons wat gebeur het. Deur ’n slang as sy mondstuk te gebruik, het Satan die Duiwel Eva genader en gesê: “Is dit werklik so dat God gesê het dat julle nie van al die bome van die tuin mag eet nie?” Toe Eva God se bevel herhaal, het Satan vir haar gesê: “Julle sal sekerlik nie sterf nie. Want God weet dat die dag as julle daarvan eet, julle oë sekerlik geopen sal word en julle sekerlik soos God sal word deur goed en kwaad te ken.” Gevolglik het die boom so begeerlik vir Eva gelyk dat “sy van sy vrugte begin neem en dit geëet” het. Die verslag sê voorts: “Daarna het sy ook vir haar man daarvan gegee toe hy by haar was, en hy het dit begin eet” (Genesis 3:1-6). Adam sowel as Eva het sodoende hulle wilsvryheid misbruik en gesondig deur ongehoorsaam aan God te wees.
Besef jy die erns van wat gebeur het? Die Duiwel het God se woorde aan Adam weerspreek. Satan se woorde het geïmpliseer dat Adam en Eva Jehovah nie sou nodig hê om te besluit wat goed en wat sleg is vir hulle nie. Satan se aantyging het dus Jehovah se reg om oor die mens te regeer, asook die geldigheid van Sy heerskappy, in twyfel getrek. Die allerbelangrikste geskil wat Satan geopper het, het dus die regmatigheid van Jehovah se soewereiniteit behels. Hoe het die ware God daardie geskil besleg?
-
-
Waarom goddeloosheid voortduurDie Wagtoring – 2007 | September 15
-
-
Satan het ook vir Eva gesê: “God weet dat die dag as julle [van die verbode boom] eet, julle oë sekerlik geopen sal word en julle [Eva sowel as Adam] sekerlik soos God sal word deur goed en kwaad te ken” (Genesis 3:5). Met daardie slinkse woorde het Satan mense ’n skyngeleentheid gebied om oor hulleself te heers. Satan het op bedrieglike wyse geïmpliseer dat mense beter af sou wees as hulle onafhanklik van God is. Was dit die waarheid?
Deur die geskiedenis heen het ryke gekom en gegaan. Elke denkbare vorm van menseregering is al probeer. Maar keer op keer het verskriklike dinge met die mensegesin gebeur. ’n Bybelskrywer het ongeveer 3 000 jaar gelede tot hierdie wyse slotsom gekom: “Die mens [het] oor die mens geheers . . . tot sy nadeel” (Prediker 8:9). “Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie”, het die profeet Jeremia geskryf (Jeremia 10:23). Selfs wetenskaplike en tegnologiese prestasies in onlangse jare het nie die teendeel bewys nie. Die verloop van tyd het hierdie opmerkings net bevestig.
-