Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Goddelike onderrigting teenoor leringe van demone
    Die Wagtoring – 1994 | April 1
    • 6. Hoe het Satan Jehovah se goedheid en soewereiniteit betwis?

      6 Maar Satan het meer as dit gesê. Hy het voortgegaan: “Maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.” Satan het beweer dat Jehovah God—wat alles op so ’n milddadige wyse aan ons eerste ouers voorsien het—hulle iets wonderliks wou ontsê. Hy wou keer dat hulle soos gode word. Satan het sodoende God se goedheid betwis. Hy het ook selfsug en die doelbewuste verontagsaming van God se wette aangemoedig en gesê dat sulke optrede voordelig sou wees. Satan het in werklikheid God se soewereiniteit oor Sy eie skepping betwis en beweer dat God geen reg het om beperkings te plaas op wat die mens doen nie.

      7. Wanneer is die leringe van demone vir die eerste keer gehoor, en hoe is daardie leringe vandag nog dieselfde?

      7 Met daardie woorde van Satan is die leringe van demone vir die eerste keer gehoor. Hierdie bose leringe bevorder steeds soortgelyke goddelose beginsels. Net soos in die tuin van Eden betwis Satan, by wie ander rebelse geeste hulle nou skaar, steeds God se reg om standaarde te stel waarvolgens ons moet optree. Hy betwis nog steeds Jehovah se soewereiniteit en probeer mense beïnvloed om aan hulle hemelse Vader ongehoorsaam te wees.—1 Johannes 3:8, 10.

  • Goddelike onderrigting teenoor leringe van demone
    Die Wagtoring – 1994 | April 1
    • 13. Watter leuens het Satan die mensdom sedert Eden vertel?

      13 Toe Satan met Eva gepraat het, het hy Jehovah van leuens beskuldig en gesê dat mense soos gode kan wees as hulle aan hulle Skepper ongehoorsaam is. Die sondige toestand waarin die mens hom vandag bevind, bewys dat Satan, en nie Jehovah nie, die leuenaar was. Mense is vandag alles behalwe gode! Maar Satan het ná daardie eerste leuen nog meer leuens vertel. Hy het die idee begin bevorder dat die mensesiel onsterflik, onverganklik, is. Hy het dus aan die mensdom ’n geleentheid voorgehou om op ’n ander manier soos gode te wees. Daarna het hy, op grond van daardie valse leerstelling, die leringe van die helse vuur, die vaevuur, spiritisme en vooroueraanbidding ingebring. Honderdmiljoene mense word steeds deur hierdie leuens in slawerny gehou.—Deuteronomium 18:9-13.

  • Goddelike onderrigting teenoor leringe van demone
    Die Wagtoring – 1994 | April 1
    • 16. Wat is die langtermyngevolge wanneer mense hulle eie wysheid volg?

      16 Deur sy leuens in die tuin van Eden het Satan Adam en Eva aangespoor om onafhanklik van God te probeer wees en op hulle eie wysheid te steun. Ons sien vandag die langtermyngevolge daarvan aan die misdaad, die ekonomiese probleme, die oorloë en die skreiende onregverdigheid wat tans in die wêreld voorkom. Dit is geen wonder nie dat die Bybel sê: “Die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God”! (1 Korinthiërs 3:19). Maar die meeste mense verkies dwaaslik om eerder te ly as om op Jehovah se onderrigting ag te slaan (Psalm 14:1-3; 107:17). Christene, wat Goddelike onderrigting aanvaar het, word nie in daardie strik gevang nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel