-
Waardeer Jesus se unieke rol in God se voornemeDie Wagtoring — 2008 | Desember 15
-
-
Die voorspelde “saad”
18. Watter profesie is uitgespreek nadat Adam gesondig het, en wat is later aangaande hierdie profesie bekend gemaak?
18 In Eden, toe dit gelyk het asof die mensdom alles verloor het—’n rein posisie voor God, die ewige lewe, geluk en die Paradys—het Jehovah God ’n Verlosser voorspel. Daar is na hom verwys as die “saad” (Gen. 3:15). Hierdie ongeïdentifiseerde Saad het deur die eeue die tema van tallose Bybelprofesieë geword. Hy sou ’n afstammeling van Abraham, Isak en Jakob wees. Ook sou hy in die geslagslyn van koning Dawid kom.—Gen. 21:12; 22:16-18; 28:14; 2 Sam. 7:12-16.
19, 20. (a) Wie is die beloofde Saad? (b) Waarom kan daar gesê word dat die voorspelde saad nie net Jesus insluit nie?
19 Wie was hierdie beloofde Saad? Die antwoord op hierdie vraag kan in Galasiërs 3:16 gevind word. (Lees.) Maar later in dieselfde hoofstuk sê die apostel Paulus verder vir gesalfde Christene: “Wat meer is, as julle aan Christus behoort, is julle werklik Abraham se saad, erfgename met betrekking tot ’n belofte” (Gal. 3:29). Hoe is dit dat Christus die beloofde Saad is en dat ander tog ook ingesluit word?
20 Miljoene beweer dat hulle van Abraham afstam, en party doen hulle selfs voor as profete. Party godsdienste heg groot waarde aan die bewering dat hulle profete van Abraham afgestam het. Maar is hulle almal die beloofde Saad? Nee. Soos die apostel Paulus onder inspirasie toon, kan nie al Abraham se afstammelinge tereg beweer dat hulle die beloofde Saad is nie. Die nakomelinge van Abraham se ander seuns is nie gebruik om die mensdom te seën nie. Die saad wat hierdie seën sou meebring, sou slegs deur Isak kom (Heb. 11:18). Net een man, Jesus Christus, wie se afstamming van Abraham in die Bybel gedokumenteer is, is in werklikheid die primêre deel van die voorspelde saad.c Almal wat later die sekondêre deel van Abraham se saad geword het, is lede daarvan omdat hulle “aan Christus behoort”. Ja, Jesus se rol in die vervulling van hierdie profesie is waarlik uniek.
-
-
Waardeer Jesus se unieke rol in God se voornemeDie Wagtoring — 2008 | Desember 15
-
-
c Hoewel die Jode in die eerste eeu G.J. gedink het dat hulle, as Abraham se letterlike nageslag, of afstammelinge, die begunstigde volk sou wees, het hulle een persoon verwag wat as die Messias, of Christus, sou kom.—Joh. 1:25; 7:41, 42; 8:39-41.
-