Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Die geopenbaarde dinge is vir ons”
    Die Wagtoring – 1986 | Mei 15
    • Jehovah se geopenbaarde geheime

      3. Watter openbaringe aangaande sy voorneme het Jehovah vir Adam en Eva gegee?

      3 Gelukkig was Jehovah baie rojaal in die openbaring van kennis. Sedert die skepping het God geleidelik aan sy aanbidders al die inligting gegee wat hulle onder verskillende omstandighede nodig sou hê (Spreuke 11:9; Prediker 7:12). Hy het aan die begin verduidelik dat die aarde en sy dierebewoners aan Adam en Eva en hulle nakomelinge onderworpe sou wees (Genesis 1:28, 29). Maar Satan het Adam en Eva beïnvloed om te sondig, en dit was moeilik om te sien hoe die goddelike voorneme tot God se heerlikheid volbring kon word. Jehovah het sake egter gou begin opklaar. Hy het geopenbaar dat daar mettertyd ’n regverdige nakomeling, of “saad”, sou verskyn wat die werke van Satan en sy volgelinge sou verydel.​—Genesis 3:15.

      4, 5. Watter ander openbaringe het Jehovah gegee, en wie het hy as kanale gebruik?

      4 Godvresende manne en vroue moes talle vrae oor daardie Saad gehad het. Wie sou hy wees? Wanneer sou hy kom? Hoe sou hy die mensdom tot voordeel strek? Met die verloop van eeue het Jehovah verdere openbaringe oor sy voornemens gegee, en uiteindelik het hy al daardie vrae beantwoord. Voor die Vloed het hy Henog geïnspireer om die komende vernietiging van Satan se saad te voorspel (Judas 14, 15). Sowat 2 400 jaar voor ons Gewone Jaartelling het hy die openbaring dat menselewe en -bloed heilig is aan Noag toevertrou​—’n waarheid wat van groot belang sou wees wanneer die beloofde Saad verskyn.​—Genesis 9:1-7.

      5 Na Noag se dag het Jehovah lewensbelangrike kennis deur middel van ander getroue aartsvaders geopenbaar. In die 20ste eeu v.G.J. het Abraham geleer dat die beloofde Saad een van sy nakomelinge sou wees (Genesis 22:15-18). Hierdie belofte het die kosbare besitting geword van Abraham se seun Isak en kleinseun Jakob (wat later Israel genoem is) (Genesis 26:3-5; 28:13-15). Toe het Jehovah deur Jakob geopenbaar dat hierdie Saad, “Silo”, ’n kragtige heerser uit die stam van sy seun, Juda, sou wees.​—Genesis 49:8-10.

  • “Die geopenbaarde dinge is vir ons”
    Die Wagtoring – 1986 | Mei 15
    • 7, 8. (a) Watter bykomende inligting het Jehovah omtrent die komende Saad geopenbaar? (b) Hoe is “die geopenbaarde dinge” bewaar, en wie het die regte begrip van sulke dinge geopenbaar?

      7 Met verloop van tyd het Jehovah verdere openbaringe oor die Saad gegee. Deur die psalmis het God geopenbaar dat die nasies sy Saad sou verwerp, maar dat die Saad met Jehovah se hulp sou seëvier (Psalm 2:1-12). Deur Jesaja het hy geopenbaar dat die Saad die “Vredevors” sou wees, maar ook dat hy vir die sondes van ander sou ly (Jesaja 9:5; 53:3-12). In die agtste eeu v.G.J. het Jehovah selfs die Saad se geboorteplek geopenbaar en, in die sesde eeu v.G.J., die tydrooster vir sy bediening.​—Miga 5:1; Daniël 9:24-27.

  • “Die geopenbaarde dinge is vir ons”
    Die Wagtoring – 1986 | Mei 15
    • 11, 12. Wat is party van die wonderlike openbaringe wat deur hierdie nuwe kanaal gegee is?

      11 Die kerngedagte van hierdie nuwe “verborgenhede” was dat Jesus Christus, die beloofde Saad, verskyn het (Galasiërs 3:16). Jesus was “Silo”, die een wat die reg het om oor die mensdom te heers, en Jehovah het hom aangestel as Koning van die Koninkryk wat uiteindelik die Paradys op die aarde sal herstel (Jesaja 11:1-9; Lukas 1:31-33). Jesus was ook Jehovah se aangestelde Hoëpriester, wat sy vlekkelose, volmaakte lewe as ’n losprys vir die mensdom gegee het​—’n allerwonderlikste toepassing van die beginsel van die heiligheid van bloed (Hebreërs 7:26; 9:26). Van toe af het gelowige mense die hoop gehad om daardie volmaakte menselewe wat Adam verloor het te herwin.​—1 Johannes 2:1, 2.

      12 Hierdie beloofde Saad was ook ’n middelaar wat ’n nuwe verbond, wat die ou Wetsverbond vervang het, tussen sy volgelinge en sy hemelse Vader bemiddel het (Hebreërs 8:10-13; 9:15). Op grond van hierdie nuwe verbond het die jong Christengemeente die vleeslike nasie Israel vervang en ’n geestelike Israel, saam met Jesus ’n geestelike “nageslag van Abraham”, asook rentmeesters van “die geopenbaarde dinge” geword (Galasiërs 3:29; 6:16; 1 Petrus 2:9). Daarbenewens is nie-Jode genooi om ’n deel te word van daardie nuwe geestelike Israel​—iets ondenkbaars vir Jode! (Romeine 2:28, 29). Joodse en nie-Joodse geestelike Israeliete is almal aangesê om dissipels van Jesus dwarsoor die aarde te maak (Mattheüs 28:19). So het “die geopenbaarde dinge” ’n internasionale aspek aangeneem.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel