-
Die ware skeppingsverhaalOntwaak! – 2014 | Maart
-
-
HOE LANK HET DIT GOD GENEEM OM DIE HEELAL TE SKEP?
Die Bybel sê dat God “die hemel en die aarde” geskep het. Maar hierdie algemene stelling verwys glad nie na hoe lank dit hom geneem het om die heelal te skep of die metodes wat hy gebruik het om dit te vorm nie. Wat van die algemene opvatting van aanhangers van die skeppingsleer dat God die heelal in ses letterlike dae van 24 uur elk geskep het? Hierdie idee, wat deur die meeste wetenskaplikes verwerp word, is gegrond op ’n heeltemal verkeerde begrip van die Bybelverslag. Kom ons kyk wat die Bybel werklik sê.
Die Bybel steun nie fundamentaliste en aanhangers van die skeppingsleer se bewering dat die skeppingsdae letterlike dae van 24 uur elk was nie
-