-
“Laat die volharding sy werk voltooi”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2016 | April
-
-
12. Wat leer ons uit die voorbeeld van die gerubs wat die ingang na Eden bewaak het?
12 Die gerubs is engele met ’n baie hoë rang. Nadat Adam en Eva gesondig het, het Jehovah sekere gerubs ’n nuwe toewysing op die aarde gegee. Dit het baie van hulle toewysing in die hemel verskil. Hulle voorbeeld kan ons help om te volhard wanneer ons ’n moeilike toewysing het. Die Bybel sê dat Jehovah “die gerubs en die vlammende lem van ’n immer draaiende swaard aan die oostekant van die tuin van Eden geplaas [het] om die weg na die boom van die lewe te bewaak” (Genesis 3:24).[2] (Sien eindnota.) Die Bybel sê nie dat die gerubs gekla het oor hulle toewysing of dat hulle gedink het dat hulle te belangrik daarvoor is nie. Hulle het nie verveeld geword en hulle pos verlaat nie. Hulle het eerder hulle toewysing getrou uitgevoer, en dit het waarskynlik eers geëindig met die Vloed, meer as 1 600 jaar later!
-
-
“Laat die volharding sy werk voltooi”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2016 | April
-
-
^ [2] (paragraaf 12) Die Bybel sê nie hoeveel gerubs hierdie toewysing ontvang het nie.
-