Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat beteken dit om God lief te hê?
    Die Wagtoring – 1996 | Junie 15
    • Hulle het geleer dat hulle ouers volmaak geskep is en dat dit Jehovah se oorspronklike voorneme was dat mense vir ewig moes lewe. Adam en Eva het waarskynlik die pragtige tuin van Eden aan hulle beskryf, en op die een of ander manier moes hulle verduidelik het waarom hulle uit so ’n paradysagtige tuiste gesit is. Kain en Abel was dalk ook bewus van die Goddelike profesie wat in Genesis 3:15 opgeteken is. Deur middel van daardie profesie het Jehovah sy voorneme bekend gemaak om sake op sy bestemde tyd reg te stel tot voordeel van diegene wat hom liefhet en lojaal aan hom is.

      Toe Kain en Abel van Jehovah en sy eienskappe geleer het, moes dit by hulle ’n begeerte na God se guns gewek het. Hulle het Jehovah gevolglik genader deur offers aan hom te bring. Die Bybelverslag sê: “Ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ’n offer gebring. En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet.”—Genesis 4:3, 4.

  • Wat beteken dit om God lief te hê?
    Die Wagtoring – 1996 | Junie 15
    • Waarom het Jehovah Kain se offer verwerp? Was daar iets fout met die gehalte van sy offer? Het Kain Jehovah mishaag omdat hy die “vrugte van die land” pleks van ’n diereoffer gebring het? Nie noodwendig nie. Later het God met graagte offers van graan en ander vrugte van die land van baie van sy aanbidders aanvaar (Levitikus 2:1-16). Daar was dus blykbaar iets fout met Kain se hart. Jehovah kon Kain se hart lees, en hy het hom gewaarsku: “Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou.”—Genesis 4:6, 7.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel