-
Bring aanneemlike offerandes aan JehovahDie Wagtoring – 1999 | Februarie 1
-
-
Jehovah het met Kain geredeneer. “Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?” het hy gevra. Dit het Kain die geleentheid gegee om sy eie gevoelens en beweegredes noukeurig te ondersoek. Jehovah het verder gesê: “Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jý moet daaroor heers.”—Genesis 4:6, 7. (Sien die venster op bladsy 23.)
-
-
Bring aanneemlike offerandes aan JehovahDie Wagtoring – 1999 | Februarie 1
-
-
Voor sowel as ná Abel se moord het Kain geweier om ‘goed te doen’. Hy het verkies dat sonde oor hom heers, en hiervoor is Kain verdryf uit die gebied waarin die mensegesin gewoon het. ’n “Teken”, dalk bloot ’n plegtige gebod, is gegee sodat niemand Abel se dood sou wreek deur Kain dood te maak nie.—Genesis 4:15.
-