Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wandel met God in hierdie onstuimige tye
    Die Wagtoring – 2005 | September 1
    • 10, 11. (a) Hoe het verdorwenheid ná die opstand van Adam en Eva versprei? (b) Watter profetiese boodskap het Henog verkondig, en met watter reaksie het hy sekerlik te kampe gehad?

      10 Kyk byvoorbeeld hoe gou verdorwenheid onder die mensdom versprei het nadat Adam gesondig het. Die Bybel sê vir ons dat Adam se eersgebore seun, Kain, die eerste mensemoordenaar geword het toe hy sy broer Abel doodgemaak het (Genesis 4:8-10). Ná Abel se gewelddadige dood is nog ’n seun vir Adam en Eva gebore, en hulle het hom Set genoem. Van hom lees ons: “Ook vir Set is ’n seun gebore, en hy het hom Enos genoem. In dié tyd het mense die naam van Jehovah begin aanroep” (Genesis 4:25, 26). Ongelukkig was dit op ’n afvallige wyse dat hulle ‘die naam van Jehovah aangeroep’ het.b Baie jare ná die geboorte van Enos het Lameg, ’n afstammeling van Kain, ’n lied vir twee van sy vrouens geskryf waarin hy sê dat hy ’n jong man wat hom gewond het, doodgemaak het. Hy het ook gewaarsku: “As Kain sewe keer gewreek moet word, dan Lameg sewe-en-sewentig keer.”—Genesis 4:10, 19, 23, 24.

  • Wandel met God in hierdie onstuimige tye
    Die Wagtoring – 2005 | September 1
    • b Voor die dae van Enos het Jehovah met Adam gepraat. Abel het ’n aanvaarbare offerande aan Jehovah gebring. God het selfs met Kain gekommunikeer voordat jaloerse woede Kain daartoe gedryf het om moord te pleeg. Dit was dus ongetwyfeld op ’n nuwe manier wat nie met ware aanbidding verband gehou het nie dat mense “die naam van Jehovah begin aanroep” het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel