Onthou jy?
Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Indien wel, sal jy dit interessant vind om die volgende te hersien:
◻ Waarom kan ons vertroue hê in Jehovah se keuse van individue om sy volk te lei?
Jehovah kies vir sekere verantwoordelikhede individue wat die nodige eienskappe het om sy volk op die weg te lei wat hy wil hê hulle op daardie spesifieke tyd moet bewandel.—8/15, bladsy 14.
◻ Wat kan ons uit Jona se ondervinding leer?
Jona het te veel aan homself en te min aan ander gedink. Ons kan by Jona leer deur onsself en ons persoonlike gevoelens op die agtergrond te hou.—8/15, bladsy 19.
◻ In watter sin is ‘die naam van Jehovah ’n sterk toring’? (Spreuke 18:10, NW).
Om beskerming in God se naam te vind, beteken dat ons op Jehovah self vertrou (Psalm 20:2; 122:4). Dit beteken dat ons sy soewereiniteit ondersteun, sy wette en beginsels gehoorsaam, geloof in sy beloftes stel en hom uitsluitlike toegewydheid gee (Jesaja 50:10; Hebreërs 11:6).—9/1, bladsy 10.
◻ Hoe is die manier waarop Paulus voor hooggeplaastes getuig het ’n voorbeeld vir ons?
Paulus het onderskeidingsvermoë gebruik toe hy met koning Agrippa gepraat het en punte beklemtoon wat hy en Agrippa in gemeen gehad het. Ons moet insgelyks die aandag vestig op die positiewe aspekte van die goeie nuus en die hoop beklemtoon wat ons in gemeen het (1 Korintiërs 9:22).—9/1, bladsy 31.
◻ Wie vind baat by Jehovah se geduld?
Weens Jehovah se geduld word nog miljoene vandag die geleentheid gegee om behoue te bly deur die komende “dag van Jehovah” (2 Petrus 3:9-15). Sy geduld stel ook elkeen van ons in staat om ‘aan te hou om ons eie redding met vrees en bewing te bewerk’ (Filippense 2:12).—9/15, bladsy 20.
◻ Hoe kosbaar was die Septuagint-vertaling van die Bybel?
Hierdie vertaling het ’n belangrike rol gespeel in die verspreiding van die kennis van Jehovah God en sy Koninkryk met Jesus Christus as Koning. Deur middel van die Septuagint is belangrike aanvoorwerk gedoen vir Griekssprekende Jode en nie-Jode in die eerste eeu om die goeie nuus van die Koninkryk aan te neem.—9/15, bladsy 30.
◻ Wat leer die gelykenis van die verlore seun ons omtrent God?
Eerstens dat Jehovah ‘barmhartig en genadig, stadig tot toorn en oorvloedig in liefderyke goedhartigheid en waarheid’ is (Exodus 34:6, NW). Tweedens dat hy “vergewensgesind” is as ’n veranderde gesindheid vir hom ’n grondslag voorsien om barmhartigheid te betoon (Psalm 86:5).—10/1, bladsye 12, 13.
◻ Wanneer sal die vreedsame toestande verwesenlik word wat in Jesaja 65:21-25 belowe is?
As Jehovah se verenigde aanbidders wat vandag in die geestelike paradys is, geniet die gesalfdes en die lede van die “ander skape” nou godgegewe vrede (Johannes 10:16). En hierdie vrede sal ook in die fisiese Paradys geniet word, wanneer ‘God se wil, net soos in die hemel, op die hele aarde sal geskied’. Dan sal die profeet Jesaja se woorde ten volle verwesenlik word (Matteus 6:10).—10/15, bladsy 24.
◻ Waarom vier Christene huweliksherdenkings maar nie verjaarsdae nie?
Die Bybel stel die huwelik nie in ’n slegte lig nie. Dit is geheel en al ’n privaat saak as Christene verkies om hulle huweliksherdenking te vier en terug te dink aan die vreugde van daardie geleentheid en aan hulle voorneme om as ’n egpaar vir ’n suksesvolle huwelik te werk. Maar die enigste verjaarsdagvierings in die Bybel is dié van heidene, en hierdie gebeure is met wrede dade verbind.—10/15, bladsye 30, 31.
◻ Wat beeld die “vuur” in Paulus se illustrasie in 1 Korintiërs 3:12, 13 af, en waarvan moet alle Christene bewus wees?
Daar is ’n vuur waarvoor ons almal in die lewe te staan kom—toetse van ons geloof (Johannes 15:20; Jakobus 1:2, 3). Almal aan wie ons die waarheid leer, sal getoets word. As ons swak onderrig gee, kan daar droewige gevolge wees, soos Paulus gewaarsku het (1 Korintiërs 3:15).—11/1, bladsy 11.
◻ Hoe het Noag ‘met die ware God gewandel’? (Genesis 6:9).
Noag het met God gewandel in die sin dat hy gedoen het wat God vir hom gesê het om te doen. Omdat Noag sy lewe daaraan gewy het om God se wil te doen, het hy ’n hegte, innige verhouding met God geniet.—11/15, bladsy 10.
◻ Watter geleenthede bied dit ons as ons nie presies weet wanneer God se wraak aan die goddelose voltrek sal word nie?
Dit gee ons die geleentheid om te bewys dat ons Jehovah werklik liefhet en vir ewig in sy weë wil wandel. Dit toon ook dat ons lojaal aan God is en vertroue stel in die manier waarop hy sake behartig. Daarbenewens help dit ons om waaksaam en geestelik wakker te bly (Matteus 24:42-44).—11/15, bladsy 18.
◻ Wat beteken dit om geloof te stel “in die naam van die Seun van God”? (1 Johannes 5:13).
Dit beteken dat ’n mens al Christus se gebooie moet gehoorsaam, en dit sluit sy gebod in om ‘mekaar lief te hê’ (Johannes 15:14, 17). Liefde streef daarna om aan ander goed te doen. Dit verdryf alle rasse-, godsdiens- en maatskaplike vooroordeel.—12/1, bladsy 7.
◻ Waarom is Jehovah se Getuies “voorwerpe van haat”? (Matteus 10:22).
Jehovah se Getuies word ten onregte gehaat om dieselfde redes as wat die vroeë Christene vervolg is. Eerstens leef Jehovah se Getuies hulle godsdiensoortuigings uit op maniere wat hulle by party ongewild maak. Tweedens is hulle die skyf van valse beskuldigings—skaamtelose leuens en verdraaide voorstellings van hulle opvattings.—12/1, bladsy 14.