-
Hy is “met sewe ander veilig bewaar”Die Wagtoring — 2013 | Augustus 1
-
-
Stel jou voor hoe Noag en sy gesin moes gevoel het gedurende die eerste 40 dae nadat Jehovah die deur van die ark toegemaak het. Terwyl die stortreën dag ná dag op die ark neergekletter het, het hulle agt waarskynlik in die een of ander soort roetine gekom—hulle het na mekaar omgesien, vir hulle tuiste gesorg en die diere in hulle lêplekke versorg. Maar skielik het die ontsaglike vaartuig geskud. Die ark het begin beweeg! Die stygende water het die ark al hoe hoër opgelig totdat dit “hoog bo die aarde gedryf” het (Genesis 7:17). Wat ’n verstommende vertoning van die krag van die almagtige God, Jehovah!
-
-
Hy is “met sewe ander veilig bewaar”Die Wagtoring — 2013 | Augustus 1
-
-
“VEILIG DEUR DIE WATER HEEN GEVOER”
Terwyl die ark op daardie onstuimige see gedryf het, het die mense in die ark sekerlik die ontsaglike houtbalke se simfonie van kraak- en knarsgeluide gehoor. Was Noag bekommerd oor hoe groot die golwe of hoe sterk die ark is? Nee. Vandag se skeptici sal moontlik hieroor besorg wees, maar Noag was glad nie skepties nie. Die Bybel sê: “Deur geloof het Noag . . . ’n ark gebou” (Hebreërs 11:7). Geloof waarin? Jehovah het ’n verbond gesluit, of ’n amptelike ooreenkoms aangegaan, om Noag en almal saam met hom veilig deur die Vloed heen te bring (Genesis 6:18, 19). Kon die Skepper van die heelal, die aarde en alles wat daarop lewe, nie die ark behoue laat bly nie? Natuurlik kon hy! Noag het tereg vertrou dat Jehovah Sy belofte sal nakom. En hy en sy gesin is toe wel “veilig deur die water heen gevoer”.—1 Petrus 3:20.
Ná 40 dae en 40 nagte het die reën uiteindelik opgehou. Volgens ons kalender was dit êrens in Desember 2370 VHJ. Maar die gesin se avontuur in die ark was nog lank nie verby nie. Daardie ark vol lewende wesens het alleen op ’n wêreldwye see gedryf, ver bo die bergtoppe (Genesis 7:19, 20). Ons kan ons voorstel dat Noag die harde werk verdeel het tussen hom en sy seuns—Sem, Gam en Jafet—sodat hulle al die diere kos kon gee en hulle skoon en gesond kon hou. Die God wat gesorg het dat al daardie wilde diere mak genoeg is om in die ark in te gaan, kon hulle gedurende die hele Vloed in so ’n toestand hou.a
-