-
Bybelboek nommer 1—Genesis“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
-
-
33. Noem enkele beginsels en gebruike van die patriargale gemeenskap wat belangrik is vir ons begrip van die Bybel.
33 Nog iets wat vir die ondersoeker van die Skrif van groot nut is, is die insig wat Genesis in die patriargale gemeenskap bied. Die patriargale gemeenskap was die vorm van familieregering wat onder God se volk van krag was vanaf die tyd van Noag totdat die Wet by die berg Sinai gegee is. Baie van die besonderhede wat in die Wetsverbond opgeneem is, het reeds in die patriargale gemeenskap gegeld. Beginsels soos gemeenskapsverdienste (18:32), gemeenskapsverantwoordelikheid (19:15), die doodstraf sowel as die heiligheid van bloed en van lewe (9:4-6) en God se afkeer van menseverheerliking (11:4-8) het die mensdom deur die geskiedenis heen beïnvloed. Baie regsgebruike en -terme werp lig op latere gebeure, selfs tot in die dae van Jesus. Ons moet bekend wees met die patriargale wette oor hoe om sorg te dra vir persone en eiendom (Gen. 31:38, 39; 37:29-33; Joh. 10:11, 15; 17:12; 18:9) en die manier waarop eiendom oorgedra is (Gen. 23:3-18), sowel as die wet rakende die erfdeel van die een wat die eersgeboortereg ontvang (48:22), indien ons die nodige agtergrond wil hê om ’n duidelike begrip van die Bybel te verkry. Ander gebruike van die patriargale gemeenskap wat in die Wet opgeneem is, was offerandes, die besnydenis (wat oorspronklik aan Abraham gegee is), die sluit van verbonde, die swaershuwelik (38:8, 11, 26) en die sweer van ’n eed om ’n saak te bevestig.—22:16; 24:3.f
-