Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1992 | Februarie 1
    • Die Egiptiese prinse het egter nie onderhandelinge met Abraham aangeknoop oor ’n huwelik tussen Farao en Sara nie. Hulle het eenvoudig die pragtige Sara in Farao se huis ingebring, en die heerser van Egipte het haar vermeende broer, Abraham, geskenke gegee. Maar toe het Jehovah plae oor Farao se huishouding gebring. Toe die ware toedrag van sake op die een of ander onvermelde manier aan Farao geopenbaar is, het hy vir Abraham gesê: “Waarom het jy gesê: ‘Sy is my suster’, sodat ek op die punt gestaan het om haar as my vrou te neem? En nou, hier is jou vrou. Neem haar en gaan!”—Genesis 12:14-19, NW.

      Die Afrikaanse Bybel en ander Bybelvertalings gee die kursiewe gedeelte van voorgaande vers met “sodat ek haar vir my as vrou geneem het” of iets dergeliks weer. Hoewel dit nie noodwendig ’n verkeerde weergawe is nie, kan so ’n bewoording die indruk skep dat Farao werklik met Sara getrou het, dat die huwelik ’n voldonge feit was. Dit is noemenswaardig dat die Hebreeuse werkwoord in Genesis 12:19 wat vertaal word met “om te neem” in die onvoltooide verlede tyd is, wat ’n handeling aandui wat nog nie voltooi is nie. Die New World Translation vertaal hierdie Hebreeuse werkwoord in ooreenstemming met die konteks en op ’n wyse wat die vorm van die werkwoord—“sodat ek op die punt gestaan het om haar as my vrou te neem”—duidelik na vore bring.a Hoewel Farao “op die punt gestaan het” om Sara as sy vrou te neem, het hy nog nie voortgegaan met watter prosedure of seremonie dit ook al behels het nie.

      Abraham is al dikwels gekritiseer vir die manier waarop hy die saak benader het, maar hy het in belang van die beloofde Saad en gevolglik ook van die hele mensdom opgetree.—Genesis 3:15; 22:17, 18; Galasiërs 3:16.

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1992 | Februarie 1
    • a Die vertaling deur J. B. Rotherham lui: “Waarom het jy gesê: Sy is my suster; met die gevolg dat ek op die punt gestaan het om haar vir my tot vrou te neem?”

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel