-
Ons moet geloof hê soos dié van Abraham!Die Wagtoring – 2001 | Augustus 15
-
-
10. Watter probleem het tussen die veewagters van Abram en Lot ontstaan, en waarom was dit belangrik dat dit gou opgelos moes word?
10 “En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad. En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie. En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon” (Genesis 13:5-7). Daar was nie genoeg water en weiding in die gebied vir Abram en Lot se kuddes nie. Spanning en kwade gevoelens het dus tussen die veewagters ontstaan. Dit was nie reg dat aanbidders van die ware God so onder mekaar stry nie. As die rusie sou voortduur, kon dit ’n permanente breuk veroorsaak. Hoe sou Abram dus hierdie situasie hanteer? Hy het Lot ná die dood van Lot se vader aangeneem en hom moontlik as sy eie seun grootgemaak. Was Abram, as die oudste van die twee, nie daarop geregtig om die beste vir homself te neem nie?
11, 12. Watter groothartige aanbod het Abram aan Lot gemaak, en waarom was Lot se keuse onverstandig?
11 Maar “Abram [sê] vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers. Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.” Naby Bet-el is daar ’n plek wat al “een van die beste uitkykpunte oor Palestina” genoem is. Lot het moontlik van daar af ‘sy oë opgeslaan en gesien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland’.—Genesis 13:8-10.
-
-
Ons moet geloof hê soos dié van Abraham!Die Wagtoring – 2001 | Augustus 15
-
-
13. Hoe kan Abram se voorbeeld Christene help wat by ’n finansiële geskil betrokke raak?
13 Maar Abram het geloof in Jehovah se belofte gestel dat sy saad uiteindelik die hele land sou besit; hy het nie gekibbel oor ’n klein deel daarvan nie. Hy het op groothartige wyse in ooreenstemming met die beginsel opgetree wat later in 1 Korintiërs 10:24 opgeteken is: “Laat elkeen aanhou om nie sy eie voordeel te soek nie, maar dié van die ander persoon.” Dit is ’n goeie herinnering vir diegene wat betrokke raak by ’n finansiële geskil met ’n medegelowige. In plaas van die raad in Matteus 18:15-17 te volg, het party hulle broers hof toe geneem (1 Korintiërs 6:1, 7). Abram se voorbeeld toon dat dit beter is om ’n finansiële verlies te ly as om oneer op Jehovah se naam te bring of om die vrede van die Christengemeente te versteur.—Jakobus 3:18.
-